Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 125 Die Geestelike Son, Boek 2

Die hemelryk kom ooreen met hierdie teenwoordige tyd

1. Wat nog verder oor die "hemelryk" gesê kan word, is dat dit ooreenkom met julle teenwoordige tyd, wat weer te vergelyk is met die saaier uit die evangelie, wat goeie saad uitstrooi, waarvan een deel op die pad, een deel in die struikgewas, een deel op klipagtige bodem en slegs een deel in goeie grond val.

2. Kyk net na julle tyd, lyk dit nie soos die saaier en soos die hemelryk nie?

3. Die woord word oral uitgesaai: Oral lewe nog gewekte mense wat die woord vanuit die innerlike kern uitlê. Slegs die behoeftes van die mensdom in die teenwoordige tyd het gelyk geword aan die pad waarop die saad val, oftewel het dit suiwer wêrelds geword. Daarom het die woord dieselfde effek by hulle as wanneer mens erte teen `n muur sou gooi, want daaraan sal daar niks bly hang nie en nog minder wortel skiet in hierdie harde, steil en gladde ondergrond.

4. Al sou Ek alle engele van die hemel na die aarde stuur en deur hulle die woord van die lewe oral op die mees wonderbaarlike wyse laat verkondig, dan sal die mense dit vandag, môre en oormôre ontroerd aanhoor en aanneem, maar naderhand sal hulle begin te wonder en dit heeltemal onverskillig beskou en sal daarby dan weer soos voorheen agter hulle wêreldse dinge aanhol.

5. Dit is die, op die materie gerigte mense, met hulle behoeftes wat nooit gestil kan word nie. Hulle lyk soos die struikgewasse en die dorings. Ook al ontkiem die woord aanvanklik nog, tog sal dit spoedig verstik en die mense sal daarna nog onverskilliger daarteenoor staan as voorheen. Want eers sê hulle; sou ons dit op `n werklik wonderbaarlike wyse ontvang het, dan sal ons wel glo en daarvolgens handel. Ek kom dan egter ook hierdie wens tegemoet. Byna oral strooi Ek dit nou soos hier wonderbaarlik uit. Maar watter uitwerking het dit? Hoogstens lei dit hier en daar tot ietwat politieke oorwegings; dit is dan ook al. Of iemand hom egter daarvolgens sou wil rig - hierdie goeie grond - waar is hulle?

6. Ek sê: Waar honderd miljoen mense lewe, is dit al teveel gesê as duisend mense hulle werklik lewendig daarvolgens sou rig. Wat het jy daarby aan tien- of honderdduisend mense, wat dit wel eg gelowig aanhoor, maar om dit in praktyk te bring, dag in en dag uit en voor hom uit te skuiwe, want hulle sê: Waarom sou mens hom tog so inspan om `n ewige lewe te verkry? Is daar `n ewige lewe, soos hulle dit glo, dan sal dit tog nie so moeilik wees om dit te verkry nie. Daarom daar maar vrolik en los gelewe en ten slotte tog salig gesterwe! Wat het ons nog meer nodig?

7. Daar het ons dan ook dadelik die klipperige en sanderige grond. Dit neem die saad wel op en die helfte daarvan kom ook wel op, maar omdat die grond geen vog bevat nie, gaan dit wat opgekom het, ten slotte weer ten gronde!

8. Daarom hou die geloof op sigself nooit stand as dit nie deur die daad tot lewe kom nie; net so goed word met suiwer teorie, sonder wesenlike praktiese oefening, niemand `n aktiewe handelende mens nie.

9. So is daar teenswoordig ook `n legio liedere te vind wat beskouinge oor moraal en religie hou, maar al hierdie praters wil self nie die proef maak en ook maar die geringste doen nie. Elk en ieder een dink reeds om iets buitengewoon verdienstelik te gepresteer het, wanneer hy maar goed gepreek en met sy gepraat oor moraal en religie hoogstens enkele dom toehoorders en dwepers vir hom gewen het.

10. Niemand wil egter ernstig die weë bewandel wat hom regstreeks na die plek sou voer waar hy met Myself in kontak sou kom om uit My mond `n lewende leer te ontvang, wat hom dan tot goeie grond sou kan omvorm nie.

11. Daar is weliswaar heelwat teosowe, maar onder hulle is daar nouliks één te vind wat werklik deur God onderrig is, volgens die evangelie van Johannes, waarin staan dat hulle almal deur God onderrig moet wees!

12. Waarlik, as Ek nie vanuit My groot barmhartigheid hier en daar iemand sou wakker skud, soos `n ywerige heer van die huis sy slap en lui personeel wakker skud nie, dan sou, vanaf die tyd van die apostels tot op hede, byna niemand meer geweet het wat "die lewende woord" is en wat dit wil sê om "deur God onderrig te word" nie.

13. Die hedendaagse godsgeleerdes plaas My liewer baie misterieus bokant alle sterre en laat My daar sit, in `n volkome ontoeganklike lig. Waarom doen hulle dit? Hulle doen dit om verskillende redes. Die eerste sou byvoorbeeld kan wees; wat ver weg is, is nie in ons pad nie. Die tweede sou kan wees; vir geen mens is dit dan moontlik om so naby God te kom dat hy deur Hom onderrig sou kan word nie. En nog `n rede wat op die vorige berus, lui as volg: God het die mens vernuf en verstand gegee; dit is die lewende woord van God in die mens. Wie hom daaraan hou, leef volgens God se wil en wie sy vernuf ontwikkel, word reeds deur God onderrig, want niemand kan regstreeks deur God onderrig word nie, maar slegs indirek; God woon immers bokant alle sterre in die ontoeganklike lig.

14. As Ek dan in stryd met hierdie misterieuse teosofiese stellings tog hier of daar iemand opwek wat `n lewende openbaring regstreeks van My ontvang, dan word hy deur die grootste deel van die teenwoordige mensdom as `n dwaas en dweper uitgemaak, soms ook as `n bedrieër en `n kwaksalwer wat weet om van die gawes van sy verstand wins te maak. Sê net, is dit nie so nie?

15. Verskillende manne van hierdie tyd en uit die agtiende en negentiende eeu, maar ook sommige uit vroeëre eeue, wat die lewende woord ontvang het, sal vir julle geen onbekendes wees nie. Wat was hulle lot egter? Hulle was doodgeswyg. Vir die geleerde wêreld is dit voldoende dat hulle hulle name ken. Wat hierdie manne egter vanuit My geleer het, dit sê hulle nie. As daar hier en daar nog iemand is wat so 'n boek lees, stuit hy baie gou op stellinge wat nie met sy verstand ooreenkom nie. Daarom verwerp hy dit weldra geheel en al en skenk aan die man wat deur My onderrig is, geen verdere aandag meer nie.

16. In die beste geval laat die mens nog hoogstens alleen vir My enige reg wedervaar, maar My boodskappers is suiwer dwase en bedrieërs.

17. Is dit nie ook in julle tyd so gesteld nie? Ek dink dat dit vir elkeen goed voor die hand liggend is.

18. Omdat die hemelryk egter nie êrens `n bepaalde plek het nie, maar suiwer `n toestand van die lewe is, is die hemelryk ook volkome gelyk aan julle tyd en wel aan hierdie tyd, naamlik karig, armsalig, klein en seldsaam.

19. En waar dit nog is, daar is dit nie suiwer nie. Sal dit egter wel `n hemelryk wees as dit nie heeltemal suiwer is nie? Ek sê vir julle; die hemelryk is in die geval baie relatief en wel omdat elkeen sy eie stokperdjie ry.

20. Elk en iedereen vind in sy domheid sy hemelryk. Of dit die ware uit My is, dit is `n ander vraag; dit het werklik seldsaam, karig en skaars geword. Waarom? Omdat die goeie aardryk by die mens verlore gegaan het. Ook al sou Ek nou, hoe dan ook, die allerbeste en suiwerste saad uitstrooi, dan val dit tog slegs op paaie, tussen dorings en op klipagtige grond en hier en daar tussen `n spleet in die pad. So kom daar van `n miljoen saadkorrels wat in `n rotskloof val, ongeveer duisend op en kom daar honderd tot volle wasdom. En dit is dan die hele oes en die hele hemelryk! Dit is tog sekerlik karig, apart en skaars!

21. Hieruit kan julle nogmaals aflei dat alles wat daar tot nou toe gesê is, sy goeie redes het en dat aan die oppervlakkige verskyningsvorm van die geestelike, ewemin iets geleë is as aan die verskynsels van die tyd. Hulle is leeg en hol, maar vir die wyse is dit `n geskrif en in die hooflyne daarvan vind hy die innerlike waarheid sonder veel moeite. Want aan elke verskyningsvorm gaan `n aktiewe oorsaak vooraf. Is die verskyningsvorm edel en goed, dan sal die oorsaak dit ook in dieselfde mate wees; is die verskyningsvorm egter onedel, dit beteken wêrelds, materieel en sleg, dan sal haar oorsaak dit in gelyke mate wees.

22. Wie dus al die geestelike in sy ware gedaante wil sien, moet hom nie bind aan die sigbare nie, maar dit slegs gebruik om die geestelike agtergrond te ondersoek. As hy dit gevind het, dan het hy die hele wese van die geesteswêreld gevind. Hoe dit egter uit die sigbare afgelei kan word, sal in die vervolg getoon word.

Hoofstuk 125 Mobiele weergawe Kommentaar