Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Geestelike Son, Boek 2

Sien, almal gaan nou na binne en die prior se oë rek groot wanneer hy `n heerlike eenvoud in die huisie aantref, voorsien van baie eenvoudige alledaagse huisraad. En die Heer vra hom: Wel nou, My geliefde seun, hoe geval My huishouding jou? Die prior sê: O Heer, liefdevolle, heilige Vader, dit geval my buitengewoon goed, want dit lyk werklik asof mens hom op aarde in `n helder, vredige plattelandse huisie bevind. Dit kom my slegs buitengewoon wonderbaarlik voor dat U, o allerbeste, heilige Vader, aan wie tog alle hemelse en wêreldse heerlikhede bekend is, met so `n eenvoudige behuising genoegdoening neem. Voorwaar, dit maak U nog onuitspreeklik beminliker en heiliger as wat die mees volkome gees hom ook maar enigsins sou kan voorstel. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 2, Paragraaf 17

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar