Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Geestelike Son, Boek 2

Die Heer sê: My liewe seun, kom maar weer orent, dan sal daar na die nuttiging van die maaltyd aan My tafel, baie spoedig duidelik word hoeveel van die weinige jy dadelik sal kan begryp. Maak jou egter van die maaltyd geen al te groot voorstelling nie, want hier sal jy in die letterlike betekenis van die woord merk dat 'kort hare vinnig geborsel is'. Van die sogenaamde hemelse swelgpartye is hier geen sprake nie; mens eet hier baie eenvoudig en leef so te sê op water en brood. Jy sal egter spoedig ontdek dat My kinders, ondanks hierdie eenvoudige kos, buitengewoon goed lyk. Gaan daarom nou aan tafel, want dit is al voorsien van water en brood, en eet en drink soos wat jy My sal sien eet en drink. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 2, Paragraaf 19

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar