Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 35 Die Geestelike Son, Boek 2

6. Deur die inspanning van die lewenskragte word dit verteer, waardeur hulle nie versterk, maar natuurlikerwys slegs verswak word. Met die mens is dit egter so gesteld dat tydens `n toestand van rus sy verbruikte kragte deur die voortdurende binnestroming van die Heer uit die hemele weer vervang word. Wanneer die lewenskragte dikwels op hierdie manier deur `n veelvuldige, doelmatige gebruik aangespreek word, dan word die houers juis deur die gebruik vir die verdere opname van die lewenskragte langsamerhand steeds wyer en sterker. Daardeur moet die mens dan by `n stapsgewyse geordende lewenswyse vanselfsprekend in krag en sterkte toeneem, omdat hy op hierdie manier as `n houer steeds meer lewenskrag in hom kan opneem.

Hoofstuk 35 Mobiele weergawe Kommentaar