Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 1: Aanmaningsoproep deur God (15-3-1840, na 6 uur in die oggend)

So het die Here tot en in my (Jakob Lorber) gespreek vir ieder en elk, en dit is waar, getrou en gewis:

1. “Wie met My wil praat, die kom na My, en Ek sal vir hom die antwoord in sy hart lê; maar net die wat rein is, wie se hart vol nederigheid is, sal die toon van My stem verneem.

2. En wie vir My voor al die wêreld voorkeur gee, vir My lief het soos ‘n teer bruid haar bruidegom, met hom wil Ek arm in arm wandel. Hy sal My altyd sien soos ‘n broer die ander broer, en soos Ek hom reeds van ewigheid af aanskou het, nog voor hy was.

3. Maar vir hulle wat siek is, sê: Hulle moet nie in hul siektes bedroef wees nie, maar moet hulle ernstig aan My wend en moet vas op My vertrou. Ek sal hulle troos, en ‘n stroom van die kosbaarste balsem in hulle harte uitstort, en die bron van die ewige lewe wat nooit sal opdroog nie, sal aan hulle geopenbaar word; hulle sal genees en verkwik word soos die gras na ‘n donderstorm.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar