Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Huishouding van God, Boek 1

10. Maar vir die minnaars en minnaresse sê: Wie in die vlees wandel, wandel in die dood, en sy wellus sal binnekort na die kos van wurms omskep word. Net wie in die gees wandel, kom na die lig, die oerbron van alle lewe; sy aandeel sal vir ewig bly bestaan en vermeerder.

11. Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig!

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar