Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Huishouding van God, Boek 1

7. Wie se liggaamlike oog blind is, vir hom is daar nog die sig van die gees oop; maar wie daar aan die gees blind geword het, bly vir ewig blind.

8. Vir die dobbelaars sê, dat hulle eers hulle lewe en daarna ook alles, wat aan hulle daarvoor gegee was, verspeel. Want dobbel is ‘n put vol van giftige afval; die dobbelaars glo egter, dat dit ‘n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word deur en deur vergiftig en vind in plek van die vermeende goud, die ewige dood van die gees.

9. Diegene, wie die skrif besit en dit nie lees nie, kan met iemand vergelyk word, wat langs ‘n put met skoon water staan en dors is, maar wat hy nie wil drink nie, hetsy uit ‘n sekere geestelike waterskuheid nes honde met hondsdolheid, wat in plek daarvan, om hul bekke in die water te druk om te genees eerder in harde klippe byt, om die brandende dors te les, of meestal as gevolg van ‘n sekere flou traagheid, laat hulle vir hulle liewers deur ‘n paar lui bediendes, uit die naaste poel, stinkende modderwater aandra om hulle dors te les, sodat hulle dan almal erg tot niet sal gaan.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar