Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 10 Die Huishouding van God, Boek 1

11. En die geeste uit die skoot van die heiligheid van die Vader sal liggaamlik na die aarde toe kom en sal vir julle kinders die groot tyd en die manier van aankoms van Hom, verkondig, van Hom, wat nou voor julle staan en wat julle nou nog hoor en sien, maar voortaan nie meer sal hoor en sal sien nie tot die beloofde aankoms volgens die belofte van die heilige Vader deur My as die ewige Liefde in Hom.

12. En nou het julle alles verneem, wat vir julle nodig is om te weet vir die ontvangs van My seën!

13. En dus wees geseën deur die hand van mag en die hand van krag van die ewige Liefde van die heilige Vader en die krag van die Gees, wat heilig is uit beide van Ons, en bevrug en vermeerder julle en vervul die aarde met die lewendige vrug van hierdie seën!

14. En elke keer, wanneer julle mekaar op grond van hierdie seën sal nader, moet julle julle harte vir My offer! Indien julle dit nie sal doen nie, sal die slang, wat nog lewe en ook vir ewig in die grimmigheid van God sal lewe, die vrug in julle laat sleg word, en jy, Eva, en almal van jou geslag sal in die plek van ‘n vrug van seën, ‘n vrug van vernietiging in die wêreld bring. En hulle sal die kinders van seën en van die lig in groot hoeveelhede vernietig, en aan hulle dolheid en woede sal daar geen einde wees nie; en op die’ manier sal julle die sonde as nalatenskap aan almal oordra, en julle skuld sal tot die groot tye van die tye en ook daarna, sigbaar word.

15. En hierdie offer van julle harte vir ontvangs van My genadeseën, is vir julle as ‘n heilige taak gegee, wat julle altyd, wanneer julle mekaar ter wille van My seën nader, aan My verskuldig sal wees. Hierdie nuwe en maklike gebod, wat julle so pas uit My mond ontvang het, is die eerste kerk, wat Ek voor julle ter herdenking aan My stig, en sal vir julle in dankbaarheid aan die dade van die barmhartige Liefde herinner en sal vir julle na die heilige vrees vir God, terug lei!

16. ‘n Gees sonder sonde met ‘n vlammende swaard in die hand, wil Ek vir julle van bo stuur, sodat hy vir julle sal lei en die hele aarde, vanaf een hoek daarvan tot die ander, sal wys; en hy sal vir julle die dwalinge van die wêreld verlig en ook vir julle tugtig, wanneer julle van My weë sal afwyk.

17. Dit alles sê vir julle die ewige Liefde in die naam van die heilige Vader, amen.”

Hoofstuk 10 Mobiele weergawe Kommentaar