Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 10 Die Huishouding van God, Boek 1

En nou kyk op na die hemel; hulle lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die’ met ‘n rooierige lig as teken van My medelye, en die’ met ‘n wit lig as teken van My vreugde oor die groot genade van die oorheilige en oorgoeie Vader. En daardie wit flikkerende breë band bokant die sterre van medelye en vreugde, wat ook uit sterre van die voortyd bestaan en deur trane van die barmhartige Liefde oor die reeds destyds gevalle geeste onstaan het, en wat in die middel van die hemel se wye ruimtes getrek is, dien vir julle as teken vir die ewige, heilige verbond tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles, wat daar is, gemaak het, en tussen die Godheid wat volgens Sy ewige heiligheid oordeel. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 10, Paragraaf 5

Hoofstuk 10 Mobiele weergawe Kommentaar