Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 13 Die Huishouding van God, Boek 1

28. Maar die Engel het met toegebinde oë en toegestopte ore daar gestaan, soos die Liefde van die Vader dit vir hom beveel het, en het harder as al die donderslae vanuit die mag en krag van Jehova gepraat:

29. “In die geregtigheid is daar geen genade en in die oordeel is daar geen vryheid nie; daarom vlug, gedryf deur die geregtigheid wat straf, sodat die oordeel van Jehova nie jou trae voete sal inhaal nie! Want die straf is die loon van geregtigheid. Wie dit aanneem, soos hy dit verdien het, kan nog op barmhartigheid reken; maar wie vir die geregtigheid en sy gevolge teenstand bied, is ‘n verraaier van die onaantasbare heiligheid van God en sal onder die oordeel geplaas word, waar daar geen vryheid meer is nie, maar daar net die ewige gevangenis in die toorn van die Godheid is.

Hoofstuk 13 Mobiele weergawe Kommentaar