Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 13 Die Huishouding van God, Boek 1

3. En met hierdie beskouinge het hy aan die oewer van ‘n groot rivier gekom, waarvan die naam ‘Eheura’ of ‘Dink aan die tyd van Jehova!’ was - want dit was wat die sterk stroom uitgeroep het -; maar Adam, diep in gedagtes oor die wêreld, het dit nie opgemerk nie en het ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die malende vloede van die rivier verstaan nie.

4. En toe hy op die’ manier langs die oewer gestap het, het hy skielik met die linkervoet aan ‘n gewas wat eers bo die grond en dan in ‘n groot boom verstrengel was, vasgehaak, en hy het hard geval en het ‘n groot pyn aan sy lyf gevoel, wat vir hom ‘n nuwe ondervinding was; en hy was kwaad vir die gewas en het dit gevra, of dit dan nie sy meester ken nie.

Hoofstuk 13 Mobiele weergawe Kommentaar