Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 14 Die Huishouding van God, Boek 1

11. Maar sien, ek het nie daaroor geskrik, dat hierdie verstaan van my af weggeneem is nie, maar ek het veel meer oor die oneindig groter verlies van genade van die heilige Vader oor alle kreatuur en onder alle kreatuur geskrik!

12. Sien, alles, wat ek verloor het, dit het ook julle deur my verloor, aangesien julle gesondig het deur my en met my tot op een, wat ek nie meer waardig is, om my seun te noem nie, wat in die volheid van genade en in die volle seën, in alle mag en in alle krag rein en geregverdig voor die alsiende oë van die oorheilige en oorgoeie Vader, Sy Liefde en Sy Gees, gebly het.

13. En dit is my liewe Ahbel, maar wat die uiters regverdige Here ook van ons af weggeneem het, aangesien ek hom nêrens met my oë kan sien nie, sekerlik, sodat ek en julle deur my moet voel, wat dit beteken, om uit die genade van die ewige Liefde in die streng geregtigheid van die Here deur die sonde van ligsinnige ongehoorsaamheid te val, in teenstelling met Sy uiters sagte wette van liefde en die maklike gebooie van genade.

14. O kinders, behartig dit alles baie goed, wat ek nou vir julle gesê het, en probeer en oortuig julle self, of ek die waarheid voor julle gepraat het; en dan kom en oordeel self, watter tyd dit nou is, - óf ons uit groot berou moet ween en moet treur, óf ons nog iets kan vind, wat ons harte sal bly maak!

15. Ja, my kinders, net ‘n enkele vreugde van Sy groot genade het die ewige Liefde van die heilige Vader vir ons as ‘n geskenk agter gelaat - en daaroor kan en sal ons bly wees - , en dit is die groot genade van berou en van treur self!

16. Sien, dit is die enigste wat die Here vir ons agter gelaat het: die trane van berou en die trane van treur! Laat ons Hom daarvoor uit die diepte van ons harte dank!

17. O, hoe gelukkig is ons tog, dat die Here vir ons nog so ryklik geseën het! Wat sou ons sonder hierdie genade wees?!

18. Laat ons dus in die diepste gevoel van totale verwerping op die aarde val en vir solank ween en treur, totdat geen trane meer uit ons oë sal vloei nie en ons aan die Here teruggegee het, wat Syne is, en waarvoor ons geheel en al onwaardig geword het, en Hy dan met ons sal maak volgens Sy allerheiligste geregtigheid, wat Sy heilige en altyd goeie wil is en was van ewigheid af!”

19. En sien, toe val Adam met al die ander op die aarde neer en het gedoen, soos wat hy dit deur die geringe nog terug gehoue deel van genade deur die stil en geheime barmhartigheid van die ewige Liefde in die Vader, erken het, en het saam met al die ander, bitterlik geween en getreur, behalwe vir Cahin. Hy het ook soos die ander op die aarde geval, maar sy oë het droog gebly, en hy was kwaad daaroor, dat hy nie soos al die ander kon ween nie, en hy het opgestaan en weggegaan. En soos hy by homself gestap het en voor hom op die groen bodem gekyk het, sien, toe sien hy skielik ‘n slang op die grond kruip; hy buk toe af, gryp die slang, skeur dit in stukke en het dit in woede en grimmigheid opgeëet, en maak toe die vlees van die slang sy eie.

Hoofstuk 14 Mobiele weergawe Kommentaar