Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 14 Die Huishouding van God, Boek 1

En sien, toe val Adam met al die ander op die aarde neer en het gedoen, soos wat hy dit deur die geringe nog terug gehoue deel van genade deur die stil en geheime barmhartigheid van die ewige Liefde in die Vader, erken het, en het saam met al die ander, bitterlik geween en getreur, behalwe vir Cahin. Hy het ook soos die ander op die aarde geval, maar sy oë het droog gebly, en hy was kwaad daaroor, dat hy nie soos al die ander kon ween nie, en hy het opgestaan en weggegaan. En soos hy by homself gestap het en voor hom op die groen bodem gekyk het, sien, toe sien hy skielik ‘n slang op die grond kruip; hy buk toe af, gryp die slang, skeur dit in stukke en het dit in woede en grimmigheid opgeëet, en maak toe die vlees van die slang sy eie. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 14, Paragraaf 19

Hoofstuk 14 Mobiele weergawe Kommentaar