Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 15 Die Huishouding van God, Boek 1

11. Toe val hy, aangegryp deur groot berou, op die aarde neer en ween en roep met ‘n harde stem: “Groot, oormagtige, oorsterk en oorheilige God! Nou erken ek vir die eerste keer my oneindige skuld en swakheid voor Jou, Jou regverdigheid, maar ook Jou onbeperkte Liefde!

12. Sien, ek is dit nie werd om te lewe nie; daarom vernietig vir my van grond af vir ewig, sodat ek voortaan vir ewig nie meer sal wees nie en my grootste, allenige skuld daarmee geblus word ter wille van al die toekomstig geseënde nasate van Adam en Eva!”

13. En sien, toe het sy broer die swaard weer in die linkerhand geneem en het dit weereens geswaai, - maar hierdie keer oor die bors van Cahin.

14. En sien, toe deurstroom ‘n nuwe lewe vir Cahin, en die doodshonger het hom verlaat; maar in plek daarvan het die honger na lewe al hoe groter geword. Maar hy kon niks kry, wat hom onmiddelik sou versadig nie. En omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens aan Ahbel gewend en gesê:

Hoofstuk 15 Mobiele weergawe Kommentaar