Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 16 Die Huishouding van God, Boek 1

10. En die bessies sal vir jou in die wysheid en in die liefde versterk, en die water sal die vuur van die liefde versag; maar die houer moet vir Adam en al sy nasate ‘n duidelike teken bly, soos wat hulle harte gevorm moet wees, uitgekook met die water van die barmhartigheid, waarin vrugte van geregtigheid deur die vuur van liefde sag geword het, as voedsel vir die kinders van seënliefde, en dan vry geword het vir die opname van die gees van die heiligheid van God.

11. En nou gaan en doen presies dit, wat Ek, die ewige Liefde, vir jou beveel het! En nadat dit alles voltooi sal wees, dan sal Ek weer met jou en jou familielede deur die mond van My Engel praat, wat ‘n gerub of die mond van wysheid en liefde van die heilige Vader is. En nou gaan en doen!”

12. En nou sien, toe doen Ahbel, wat aan hom opgedra was, en het van sy familielede af weggegaan, nadat hy eers aan die vader van sy liggaam die seën, volgens My geheime wil, wat vir hom duidelik gemaak was in sy hart, oorgedra het.

13. En Adam het hom weenend omhels, en Eva het hom bedroef teen haar hart vasgedruk, en al sy broers en susters het hom vriendelik die hand gegee vir die kort afskeid in opdrag van Jehova, en ook Cahin het gekom en het vir hom sy regter hand gegee en het voor hom tot op die aarde gebuig; en op die wyse het Ahbel onder wedersydse seënwense en met ‘n groot seën van bo vertrek, en was deur die Engel van die Here begelei.

Hoofstuk 16 Mobiele weergawe Kommentaar