Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 16 Die Huishouding van God, Boek 1

8. Gaan daarna op jou knieë, dank God, totdat die vlamme van die swaard sal blus, en die swaard in ‘n doringbos met rooi en wit bessies sal verander; pluk dan van die bos drie wittes en sewe rooies, en keer dan na jou familielede terug! En wanneer jy na veertig dae weer huis toe sal kom, dan moet jy vir My, soos wat jy dit in die Paradys vrywillig gedoen het, ‘n offeraltaar oprig; plaas koring en vrugte daarop en steek dit met die vuur van jou liefde aan die brand, wat Ek vir jou van bo met ‘n groot weerlig sal stuur.

9. Maar neem dan ‘n bietjie klei van die aarde, knie dit deeglik, en maak ‘n houer daarvan, wat aan die bokant wyd en aan die onderkant nou is, nes die hart in jou. Hierdie houer moet jy met skoon water volmaak, en plaas dit dan op die vuurherd van Jehova by die offervlam van die liefde. En wanneer die water begin om te kook, neem eers die wit bessies en plaas hulle in die kokende water; na ‘n rukkie doen dieselfde met die sewe rooies. En wanneer jy sien dat al die bessies sag geword het, haal dan die houer van die vuur af, neem die sagte bessies volgens die volgorde, soos hulle in die houer geplaas is, weer met die regter hand uit, en plaas hulle in die linkerhand, laat hulle daar afkoel, en eet hulle dan volgens die bekende volgorde; neem dan die houer met die water, waarin die bessies van die swaard gekook is, en gooi dit uit op die vuurherd van Jehova, en oorhandig dan die leë houer aan die vader van jou liggaam.

Hoofstuk 16 Mobiele weergawe Kommentaar