Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Huishouding van God, Boek 1

4. Vir My vriende en vriendinne sê: Hulle moet My dienaars en knegte nie meer liefhê as vir My nie! Hulle heil moet hulle nie so seer in hulle, maar eerder geheel in My hande plaas en ten volle aan My toevertrou. Want die dienaar moet streng volgens die gebooie handel, indien hy nie vir onwaardig bevind wil word nie; alleen die gewer van die wet staan bokant die wet en kan ook daaroor aanstel vir wie hy wil. Maar solank hulle onder die juk staan, is hulle geoordeel; maar wie na My toe kom, van hom af kan Ek die oordeel terugtrek.

5. My kerk op aarde is ‘n reinigingsbad; wie hom gewas het, die kom na My, sodat Ek hom met die warmte van My liefde kan afdroog en vir hom behou. Maar wie net vreugde het, om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van ‘n watermeul, wat nooit uit die water kom nie.

6. Wanneer iemand die werke van ware boetedoening gedoen het, die kom na My, sodat Ek hom soos ‘n verlore seun kan opneem en vir hom behou in My krag. Want die kneg kan raad gee, maar Ek kan dit doen; die dienaar kan preek; alleen die verlossing is net My werk; die kneg kan bid, maar net Ek kan seën. My dienaar moet regverdig oordeel; maar die reg van genade is net by die Here. Daarom moet hulle nie bo die dienaars en knegte, die Here vergeet nie!

7. Sê dit vir hulle woord vir woord, getrou en sonder skuheid; want jy mag die wêreld nie vrees, indien jy vir My wil lief wees nie, - want Ek is meer as al die wêreld.

8. Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle.

9. Wie nie vir My ken, hoe Ek is, en wie Ek is nie, vir hom sou dit beter wees, dat hy geheel en al niks van My af weet nie, want dan kan Ek hom nog, daar in die ryk van die geeste, lewendig maak; maar so maak hulle hulleself los van My hulp, want hulle maak daardeur die lewe in hulle dood, sodat hulle My in hulleself vernietig en sodoende ook doodmaak, en is hulle die druiwe wat van die wingerdstok afgehaal is.

10. Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is.

11. Vir My dienaars en knegte sê: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieks nie! Want wie vir My ter wille van die geld dien, dien My nie uit liefde nie; maar wie nie vir My uit liefde dien nie, sy diens is vir My vreemd, hoe Ek vir hom ook heel vreemd moet wees, aangesien hy nie vir My uit liefde dien nie; met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is hy ‘n getroue kneg, wat die skatte van die Here, sonder toestemming, nes ‘n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het?! - Ischariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het, wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan, teen die mees skandalige spotpryse gedurende elke minuut te kry. O julle skandelikste diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle vir My, so moet Ek julle vind?! Ek het tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy, wat die altaar dien, ook van die altaar moet lewe, maar net uit die werke van liefde, wat deur alles wat goed is, bewerkstellig word; maar julle het nie werke van liefde nie, - daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle waarheid. Weet julle: Soos die werk so is die loon! Liefde kan nie deur geld, maar net weer deur liefde verkry word. Ek is die liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur liefde het Ek vir julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie dus vir My wil dien, die moet vir My in liefde dien, waarvoor Ek vir hom aan die kruis gesterf het; en wie na My toe wil kom, die kom in liefde na My toe, wat aan die kruis vir hom gebloei het.

12. Vir die amptenare en menere van die wêreld sê heel getrou en sonder vrees, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp, wat teen My amp is, sal Ek binnekort vernietig; weë sy dienaars! Want Ek is die Allerhoogste; My wette is ewig, soos Ek dit is, en sal bly, vir ewig. Die motte, wat aan My wette wil knaag en weer wette uit hulle mis daarvan wil maak, om My gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootse las en gewig rol en hulle vernietig, as of hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen, wie hom aan My gebooie versondig, kan vergewe word, wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My wet wil ondergrawe, vir hom sal dit platdruk, en hy sal voorts vir ewig nie meer wees nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My gebod, as hulle nie uit My liefde deur mense, wat deur My Gees onderrig is, gegee is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers ter wille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle tyd, kort daar nie meer een nie, en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne, en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die ewige God van liefde en wysheid, en openbaar dit aan ‘n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, Jehova, Amen.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar