Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Huishouding van God, Boek 1

12. Sien, Ek wil hulle (dit beteken: jou vriende en broers) vir jou almal by die naam noem: H L V T S S A S S (die betekenis van hierdie tien letters word aan die einde hierdie band gegee). Hulle moet almal My Vaderlike uitnodiging ontvang en vandag nog, indien hulle wil, sal vir hulle die poorte van die hemel, wat die oë van hulle gees is, oopgemaak word en Ek wil vandag nog in hulle harte woon. Nog net een ding moet hulle met uithouvermoë doen, naamlik hulle moet hulle vlees uit die put, waarin daar lewendige water is, skoon was en hulle moet ‘n staaf neem, waarvan een die helfte swart en die ander helfte wit is; hulle moet dit in die helfte deurbreek, en die swart deel moet hulle vir die wêreld onder die voete gooi en die wit deel vir hulle self behou as teken, dat hulle met die wêreld en sy vlees vir altyd gebreek het.

13. Maar dit beteken, dat hulle ernstig in hulle self moet gaan, hulleself ten volle moet herken, en vir My dan hulle herkende misdade in hul harte getrou en waar voordra. Ek sal die onraad uit hulle harte verdelg, en sal vir hulle met die vuur van My goddelik-vaderlike liefde vervul. En as sodanig gereinig moet hulle hulleself dan vir die Priester deur en in die bieg gaan wys; en dan sal Ek kom, en met hulle by die altaar, die vreugdefees hou.

14. Sê vir hulle nog daarby, dat hulle hulle tog nie in en aan die kerk moet stamp nie; want elke soort kos, wat Ek aanbeveel, reinig Ek vir diegene, wat dit in die gees en in waarheid wil geniet, en dan moet hy dit geniet sonder bekommernis. Wat Ek vir My kinders gee, dit is rein en word deur die uiterlike vorm nie vir diegene, vir wie Ek dit geseën het, ontheilig nie. Die tempel sal Ek seën, en die plek, waar hulle hulle ook al sal bevind, sal heilig wees; want Ek, hulle heilige Vader, sal in hul midde onder hulle, waar hulle ook sal heengaan, daar wees, en geen haar aan hulle sal beseer word nie.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar