Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Huishouding van God, Boek 1

3. Maar die mense op hierdie aarde het Ek uit die sentrum van My hart na vore geroep en het hulle volkome volgens my ewebeeld geskep, en hulle was nie net bedoel om my skepsels te wees nie, maar om My liewe kinders te wees, wat vir My nie as God en Skepper nie, maar net as hulle goeie Vader moes herken, wat vir hulle na ‘n kort proeftydperk weer ten volle na Hom toe wil neem, sodat hulle daar alles moet hê, wat Hy Self het, en by Hom sal woon vir ewig en met Hom heers en oordeel die heelal. Maar sien, al My skepsels het My as hulle Skepper in dankbare vreugde van hul bestaan lief; maar My kinders wil nie hulle Vader hê nie en versmaai Sy liefde!

4. Sien, Ek is hartseer, wanneer Ek sien, hoe uurliks duisende en duisend maal duisende verwelk en sterf! O, indien Ek hulle tog net kon help! Is dit nie hartseer, wanneer die Almagtige nie kan help nie?!

5. Jy vra alreeds weer vir My, hoe dit dan moontlik is? O ja, sê Ek vir jou, dit is baie moontlik! Sien, al My skepsels hang aan My mag, maar My kinders hang aan My liefde! - My mag gebied en dit gebeur; maar My liefde wens net en gebied in alle sagmoedigheid die vrye kinders, en die vrye kinders verstop hulle ore en wil nie die aangesig van hulle Vader aanskou nie. Daarom, omdat hulle vry is, soos Ek dit is, kan Ek vir hulle nie help nie, indien hulle dit nie wil nie. Want My mag gaan oor alles; maar My wil is onderdanig aan My kinders. Maar dit moet elkeen agter sy ore skryf: Ek is julle Vader, maar is ook julle God, en behalwe vir My is daar niemand meer. Wil julle My as Vader of as God? - Julle dade sal vir My die beslissende antwoord gee.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar