Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

En sien, toe het ook die aardes en mane ‘n glans gekry en is aan die sonne in regverdige hoeveelhede toegedeel, en die Liefde het, deur die krag en mag van die Godheid, Sy asem oor hulle geblaas en sien, die lig op die sonne het begin bewe, die mere van die aardes het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aardes geswem en gewaai nes die Gees van God oor die waters van die barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aardes uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir ‘n boom, en het begin, om in wye bane om die aardes as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan, te wentel; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die aangesig van hulle Vader moet aanskou, net soos die mane vir die aardes, verenig, sodat hulle as gevolg van hulle los samestelling nie uit hulle bane geruk en vernietig moet word nie. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 5, Paragraaf 30

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar