Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 7 Die Huishouding van God, Boek 1

6. En sien, toe het uit die vaste aarde, kruie, plante, struike en bome van alle soorte, en die mere, seë, strome, riviere, spruite en fonteine was vol van wurms, visse en diere van alle soort; en die lug het met voëls van alle soorte lewendig geword. En die getal van elke soort, sowel in die waters as ook op die vaste land en in die lug, was gelyk aan die getal van die mens, wat uit hierdie getal gemaak is, en was gelyk aan die getal van genade van die Liefde en was gelyk aan die getal van die toekomstige verlossing en die daaruit voortspruitende ontstaan van die wedergeboorte.

7. En nou sien en begryp, wat tot nou toe nog van niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die’ getal uit Haarself geneem, en die getal was die orde en die ewige wet in Haar, waaruit en waarin Syself vir ewig bestaan het, nog bestaan en in alle mag en krag van die heiligheid van God, sal bestaan. En Sy het klei, nes die vaste gedeelte van melk wat dik geword het, geneem, en het met die hand van Haar mag en met die hand van die getal van Haar orde, die eerste mens gevorm, en het vir hom deur die neusgate die lewendige asem ingeblaas. En die asem het in hom tot ‘n lewendige siel geword, en die siel het die mens in geheel vervul, wat nou volgens die getal van die orde gemaak was, waaruit die geeste gemaak was en waaruit die wêrelde in die ruimtes en die aardes en alles, wat daarop voorkom, en die maan en die son, gemaak was.

Hoofstuk 7 Mobiele weergawe Kommentaar