Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 7 Die Huishouding van God, Boek 1

7. En nou sien en begryp, wat tot nou toe nog van niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die’ getal uit Haarself geneem, en die getal was die orde en die ewige wet in Haar, waaruit en waarin Syself vir ewig bestaan het, nog bestaan en in alle mag en krag van die heiligheid van God, sal bestaan. En Sy het klei, nes die vaste gedeelte van melk wat dik geword het, geneem, en het met die hand van Haar mag en met die hand van die getal van Haar orde, die eerste mens gevorm, en het vir hom deur die neusgate die lewendige asem ingeblaas. En die asem het in hom tot ‘n lewendige siel geword, en die siel het die mens in geheel vervul, wat nou volgens die getal van die orde gemaak was, waaruit die geeste gemaak was en waaruit die wêrelde in die ruimtes en die aardes en alles, wat daarop voorkom, en die maan en die son, gemaak was.

8. En nou sien, hierdie eerste mens op aarde, wat voortgegaan het uit die hande van mag en krag van die ewige Liefde, is uit die mond van die barmhartige genade ‘Adam’ of ‘Seun van barmhartigheid en genade’ genoem.

Hoofstuk 7 Mobiele weergawe Kommentaar