Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 9 Die Huishouding van God, Boek 1

24. En sien en luister verder en verstaan dit goed, wat nou verder gebeur het: Toe nou die ewige Liefde die voorwaarde aangeneem het en daardeur reeds vooraf aan die vereiste van die groot heiligheid van God voldoen het, toe laat die Godheid in ‘n sagte gesuis en gewaai, weereens net vir die Liefde verstaanbaar, Sy heilige wil verneem en sê in ‘n toespraak vol van ‘n saggeaarde stem, die volgende:

25. “Sien, Jou groot barmhartigheid het in My na bo gekom en staan voor My alsiende oë, en Ek het in die rus van My heiligheid Jou groot opregtheid en ewige trou erken en het die druppels van berou van Adam en die druppels van treur van Eva getel en het deur Jou groot barmhartigheid deur en deur jammer geword.

26. En sien, daarom wil Ek My oordeel in hierdie tyd terug trek en volgens Jou versoek genade voor regverdigheid in groot hoeveelhede laat uitstroom en wil die skade, wat My oordeel veroorsaak het, weer herstel. En buite My, kan niemand iets herstel nie behalwe Ek alleen, aangesien niemand goed is, behalwe Ek, die heilige Vader, wat voortaan tot in ewigheid My naam sal wees. En Jy, My Liefde, is My Seun; en die heiligheid as die magtige alwerkende band van krag tussen Ons en tussen alles, wat vanuit Ons voortgegaan het, is die Heilige Gees, wat alle ruimtes der ruimtes en alle oneindigheid der oneindighede in alle ewigheid der ewighede sal vul, amen. En dit sê nou die goeie, heilige Vader. Amen.

27. En nou sê Jy, my liewe Seun, ook aan die paartjie wat berou en treur - en grawe dit wat gesê is diep in hulle harte - , dat hulle die gebooie van Liefde en van barmhartigheid tot aan die einde van hul lewens sonder versuim moet hou, en Ek wil vir hulle, op ‘n tyd, wat Ek sal bepaal, ‘n bemiddelaar tussen My en hulle stuur, om die groot skuld te delg en om die groot, swaar las van hulle ongehoorsaamheid te verlig.

28. Maar tot dan moet hulle in alle geduld en sagmoedigheid uithou, en die brood, wat Ek vir hulle gedurende daardie tyd net spaarsaam sal gee, dankbaar in die sweet van hulle aangesig geniet en sal nie tot die tyd van die bemiddelaar, wat Ek uit hulle midde volmaak en goed, soos Ons volmaak en goed en heilig is vir ewig, sal opwek, versadig word nie.

29. En sê vir hulle nog daarby, dat Ek My oordeel net vir diegene ingeperk het, wat My streng gebooie stiptelik sal hou; maar vir die oortreders sal by die geringste oortreding, met die presiese vervulling daarvan, tot in alle ewighede in alle ernstigheid van die heilige waarheid gedreig word!

30. Dit sê die heilige en alleen goeie Vader deur Sy Seun, wat die ewige Liefde in hom is, en deur die heilige Gees as die werkende genade uit Beide van Ons, vir die toekomstige vergifnis van sondes, wat nou hulle liggame moeisaam sal maak, maar dan vir altyd in tyd sal vernietig, vir die verkryging van die lewe na die dood van die liggaam, op die tyd van die beloofte middelaar.

31. Dit sê die alleen heilige en alleen goeie Vader. Amen, amen, amen.”

Hoofstuk 9 Mobiele weergawe Kommentaar