Help

jakob-lorber.cc

Inleiding Die Jeug van Jesus

3. Op die wyse was Ek, as die Heer Self, `n lewende voorbeeld vir elke mens en daarom kan elke mens My nou dus ook op presies dieselfde wyse aantrek soos Ek self in My die goddelikheid aangetrek het en kan hy deur die liefde en die geloof selfstandig net so volledig één word met My, soos Ek self dan as God-mens in alle grenslose volmaaktheid volkome één is met JaHWeH.

4. 2. Op die vraag, hoe die wonderwerke wat Jesus as Kind gedoen het, en die Goddelik-geestelike werksaamheid wat saamhang met Sy, in sekere sin geïsoleerde menswees in Sy jongelingsjare en as man, en die wonderwerke wat gedurende hierdie tyd verrig is, saamhang, gestel dat `n mens homself Hom in die jare alleen maar as mens sou moes voorstel, mag dan as antwoord dien die aanblik wat `n boom bied in die periode van die lente tot in die herfs.

5. In die voorjaar bloei die boom pragtig en word dan deur `n geweldige aktiwiteit beheers. Na die afval van die bloeisels lyk dit of die boom aktiwiteit verloor om aan die herfs weer tot volle aksie te kom: die pragtige vrugte kry hulle smaak en kleur - hulle word mooier as voorheen toe daar bloeisels was - dan word die vrugte aldus tot rypheid gebring, dan word die boom geskud en die vrugte word vry gemaak van die binding aan die boom en val in die skoot van die hongerige kindertjies.

6. Met die oog van die hart sal `n mens die beeld kan verstaan, maar nooit met die oë van die wêreldse verstand nie! Sonder om die goddelikheid van Jesus te betwyfel, maar dit vashoudend in die geloof van die hart, wat `n lig is van die liefde tot God, laat die genoemde vraag homself, sodra `n mens vanuit die hart suiwer word, maar al te goed aldus uitlê: die volledige eenwording van die volheid van die goddelikheid met die mens Jesus het nie meteens, op een slag, plaasgevind nie, maar soos alles onder JaHWeH se leiding geleidelik aan, soos die geleidelike ontwaking van die Goddelike gees in die hart van die mens, en het eers deur die kruisdood volledig plaasgevind, - hoewel die goddelikheid in al Sy volheid ook reeds in die Kind Jesus aanwesig was, maar wat die doen van wonderwerke betref, homself net in noodgevalle gemanifesteer het.

7. 3.Die liggaamlike dood van Jesus is die diepste afdaling van die goddelikheid in die oordeel van alle materie, waardeur die skepping van volkome nuwe verhoudings tussen Skepper en skepsel moontlik geword het.

8. Eers deur die dood van Jesus word God Self volledig mens en die geskape mens deur hierdie hoogste Goddelike barmhartigheid tot `n nuut verwekte kind van God, tot `n God dus - en kan dan as skepsel teenoor Sy Skepper staan as Sy volmaakte ewebeeld en in Hom Sy God, Skepper en Vader sien, praat en erken en bo alles liefhê en alleen daardeur die volmaakte ewige, onverwoesbare lewe in God, uit God en langs God verwerf. En ook daardeur is Satan se heerskappy (bose wil) in soverre gebreek, dat hy die volledige toenadering van die goddelikheid na die mense toe, en omgekeerd die van hulle na God, nie meer kan verhinder nie.

9. Nog korter gesê: deur die dood van Jesus kan die mens nou volledig met God soos met `n broer kommunikeer en vir Satan het dit onmoontlik geword om tussenin te kom, waarom daar ook in die Bybel tot die vroue wat die grafkamer besoek, gesê word: 'Gaan heen en sê aan My broers.' Satan se inwerking in die uiterlike vorm mag nog wel steeds merkbaar wees, maar die voorhangsel tussen die goddelikheid en die mense wat eenmaal stukkend geskeur is, kan hy nimmermeer opnuut oprig nie en dus die ou, onoorbrugbare kloof tussen God en die mense nooit meer opnuut laat ontstaan nie.

10. Deur hierdie kort uiteensetting kan voortaan iedereen wat met sy hart dink en sien, baie maklik en duidelik die eindelose groot belang insien van die liggaamlike dood van Jesus. Amen!

Biografiese Evangelie van Jakobus oor die jeug van Jesus vanaf die tyd wat Josef Maria tot homself geneem het

11. Jakobus, `n seun van Josef, het dit alles opgeteken, maar met die verloop van tyd het dit so verdraaid geraak, dat dit nie as outentiek in die Skrif opgeneem kon word nie. Ek wil jou nou egter die egte evangelie van Jakobus gee, maar alleen vanaf die bogenoemde periode; want Jakobus het ook die lewensbeskrywing van Maria vanaf haar geboorte opgeneem, asook die van Josef. Skryf dus nou die eerste hoofstuk:

Inleiding Mobiele weergawe Kommentaar