Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Jeug van Jesus

32. Daar het egter nog noodsaaklike werk op Josef gewag; daarom het hy nou ook nie lank in die huis getalm nie en het aan Maria gesê:

33. 'Maria, kyk, ek het jou volgens die wil van God in my huis geneem uit die tempel van die Heer, my God; ek kan nou egter nie by jou bly en jou beskerm nie, maar ek moet jou hier agterlaat, want ek moet gaan om `n bouwerk wat volgens ooreenkoms aan my gegee is, gereed te maak op die plek wat ek jou op die reis hierheen gewys het!

34. Maar kyk, daarom hoef jy nie alleen tuis te bly nie. Ek het naamlik `n familielid, `n huishoudster, wat vroom en regverdig is. Sy sal by jou wees en ook my jongste seun, en die barmhartigheid van God en Sy Seën sal jou nie verlaat nie!

35. Ek sal so spoedig moontlik met my vier seuns weer na huis toe kom en sal vir jou `n leidsman wees op die weg van die Heer! God die Heer sal nou oor jou en my huis waak. Amen.'

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar