Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

Hoofstuk 1

Opmerking: In die brief van Paulus aan die Kolossense word melding gemaak van ‘n brief wat die Apostel aan die gemeente in Laodicea gerig het. Dit bevat belangrike inligting wat ook op die Kolossense van toepassing is: “En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook die’ uit Laodicense lees.” {Kol.4,16}

1. Paulus, ‘n Apostel van Jesus Christus deur die wil en die genade van God, en die broer Timotheus

2. van die heilige gemeente van Laodicense en al die gelowige broers in Jesus Christus en die wyses in die Gees van God. Die genade en die ware vrede van God, onse Vader, in die Here Jesus Christus, wees met julle!

3. Maar ons dank en loof en prys altyd vir God, die Vader van ons Here Jesus Christus, en dra groot sorg om julle en bid deurentyd vir julle na God.

4. Want ons het deur die Gees van die Here en deur die broer Epaphras en deur Nymphas verneem, dat julle in sommige dele afvallig geword het

5. en het vir julle ‘n biskop en ‘n geestelikheid gekies en wil van Christus ‘n afgod maak - en het vir julle ‘n huis en ‘n dag bestem en het klere wat omboor is laat maak,

6. dus, soos dit gedeeltelik onder die heidene en onder die Jode was, waar voor God nog die besnyding van die vlees gegeld het, wat Hy onder die Vader Abraham as voorteken van die lewendige besnyding van die gees deur Jesus Christus in julle beveel het.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar