Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

13. Al is ek ook nie by julle in die vlees nie, dan is ek nog steeds by julle in die gees, deur die mag van Christus in my, en sien julle geloof en julle werke

14. en wil vir julle derhalwe ernstig vermaan en wys, hoe sommiges van julle, liewe broers, in ‘n groot dwaasheid verval het, want hulle skynpraatjies ken ek en weet, wat hulle wil hê.

15. Maar so moet dit wees, dat julle Jesus Christus moet hou, soos julle Hom deur my leer ken en aangeneem het, en moet volgens die Evangelie, wat ek getrou vir julle gepreek het, wandel

16. en moet daarin vaste wortels kry en in die geloof vas wees, dus, soos ek dit vir almal in die gees van ons Here Jesus Christus, die lewendige Seun van God, wat daar aan die regterkant van die Vader van ewigheid heers, geleer het.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar