Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

16. en moet daarin vaste wortels kry en in die geloof vas wees, dus, soos ek dit vir almal in die gees van ons Here Jesus Christus, die lewendige Seun van God, wat daar aan die regterkant van die Vader van ewigheid heers, geleer het.

17. Maar, soos julle nou wil word en dit wil hê, is julle teen Christus en sy woord! -

18. Wat wil julle dan? Wil julle dan weer van voor af slawe en gevange dienaars van die wet en die sonde en die dood word, van alles dit waarvan ons deur Jesus Christus vry geword het?

19. Luister na my! Ek sê vir julle: Wees versigtig, dat julle nie deur julle wêreldwysheid en deur die los leerstellings van diegene onder julle, wat daar meer bang is vir die Romeine en die Jode as die Here van heerlikheid, wat ons verlos het, en deur wie ons en hemel en aarde en alle dinge gemaak is, mislei en beroof word nie! -

20. Toe ek nog by julle was, het julle wêreldwyses vir my gevra, wat die verskil tussen God en sy Seun Christus is. - Maar ek het die woord opgeneem en vir hulle gesê:

21. “Luister broeders! God is Een, en Christus is Een; want waar daar net een God is, daar is ook net een Christus. Watter onderskeid sal dan daar wees tussen God en Christus? - God is die Liefde, en Christus is die wysheid in God of die lig, die waarheid, die weg en die ewige lewe!

22. In Christus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik, en ons is volmaak - in Hom; want Hy is die rede en die hoof van alle heerlikheid, alle mag en krag, alle owerhede van die wêreld, en is ‘n vors van alle vorstenskappe op aarde.”

23. Maar indien ek, Paulus, sulke dinge in die gees en in alle waarheid vir julle gesê het, hoe laat julle julle dan nou van menseleerstellings en wêreldse voorskrifte mislei?!

24. Julle is sonder hand en mes deur die Heilige Gees besny, daardeur dat julle jul sondige lewe afgelê het, wat ‘n magtige wortel in die vlees van die liggaam was; en dit was ‘n ware, lewendige besnyding in Christus!

25. Want daar is julle in jul sondige vlees met Christus vir die wêreld begrawe deur die doop met die Heilige Gees en het dan weer deur Christus nuut opgestaan deur die lewendige geloof en deur die liefde vir Hom.

26. Wat wil julle dan weer met die ou besnyding, wat daar opgehou het; wat met die seremonies, wat nou sonder waarde is, omdat Christus reeds daar was en opgestaan het en ons in Hom; wat wil julle met die Sabbat, wanneer Christus op elke dag werksaam was en nog steeds werksaam is en het daardeur elke dag tot ‘n dag van die Here gemaak en het nie die Sabbat gevier nie?! -

27. Maar ek ken vir julle, dat ek vir julle sê: Christus, soos Hy is, wil in die wêreld arm wees; maar julle wil goud! Dit is die rede, waarom julle ‘n huis van aanbidding, ‘n feesdag en klere wat geborduur is wil hê!

28. Julle sê, God het deur Christus, Sy Seun, die voorskrifte van Moses nêrens opgehef nie, maar vir hulle eerder gedurende die laaste Nagmaal bevestig; dus moet daar ook ‘n offerseremonie wees.

29. Ek, Paulus, ‘n werklike, van God verkose Apostel van die Here, is tog vervul met die gees van God; hoe gebeur dit dan, dat die gees van God sulke dinge nog nie vir my gewys het nie, waar ek tog, voor my beroeping ‘n versotte tempeldienaar en -kneg was, soos wat julle dit nooit was nie?!

30. Maar ek wil vir julle nou sê: Soos die gees van God vir my opgewek het, toe ek na Damaskus getrek het, om daar die jong gemeente van Christus te vervolg, so het ek eers - selfs in my blindheid - aanskou, dat die Here in gees en in die waarheid vereer en aanbid wil word, maar nooit in ‘n seremonie nie!

31. Want niemand wat Hy tot Sy diens beroep het, was deur God eers blind gemaak nie; maar ek moes eers blind word, sodat ek alles kon verloor, wat van die wêreld is, voordat ek weer een van Sy geringste knegte kon word!

32. Maar waarom moes ek eers blind word? Omdat my hele wese in die materie van die tempeldienste begrawe was, en dit daardeur daarvan verwyder kon word!

33. Maar indien die Here my sonder seremonies, dus in my blindheid, beroep het, hoe sou ek dan daar uit die Nagmaal ooit ‘n seremonie kon maak?!

34. Of is dit dan nie so, soos voortdurend die gees van God vir my leer nie?! - Wie die lig van die oë het, die aanskou die seremonies van die wêreld en verlustig hom daaraan;

35. maar vir die blinde is alle wêreld met sy seremonies en die ou tempeldienste en al die geborduurde klere verganklik!

36. Dus is dit ‘n ewige waarheid, dat die Here my nie vir ‘n nuwe instelling van seremonies beroep het nie, maar vir die oprigting van die harte, waar om die Satan vir duisende jare sy harde kettings gesmee het;

37. en vir elkeen die vryheid van die gees, die vrede van die siel te preek, om daardeur in Christus die Here, die ou, harde bande van die dood te breek.

38. Maar wat is die nut vir my en julle van my leerstellings, wat die Evangelie van God, indien julle julle vrywillig weer na die ou dood wil begewe?!

39. Maar ek smeek julle ter wille van julle ewige lewe: laat vaar dit, wat die ou gevangenskap van Babel vir al die Jode as ‘n harde erfenis agtergelaat het!

40. Sien: Babel, die groot hoer van die wêreld, is deur die Here vernietig; want sy het baie volkere die dood gegee! Maar wat sal julle wen, indien julle uit Laodicea ‘n nuwe Babel wil oprig?! Daarom laat vaar dit, wat die gruwel van verwoesting opnuut nader sal bring, - waarvan Daniel geprofeteer het, toe hy by die heilige plek gestaan het!

41. Maar Christus het vir julle lewendig gemaak, daar waar julle in jul sondes en in die voorhuid van julle vlees dood was, en het vir julle alle sondes, wat julle nog altyd in die tempel en in julle voorhuid begaan het, vergewe.

42. Hy het die bloedige handskrif wat daar teen ons almal was en wat daar deur wêreldse voorskrifte ontstaan het, verdelg en ons name was met daardie skrif in die boek van die wêreld, in die boek van oordeel en in die boek van die dood geskryf, deurdat Hy dit aan die kruis opgehang het.

43. Maar waarom wil julle nou hierdie deur God Self verdelgte, aan die kruis van die oordeel, van smaad, die vloek, die dood opgehangde bloedskrif weer afhaal en julle name in Christus verruil vir die oue, wat met bloed in die boek van die oordeel geskryf was?

44. O julle blinde dwase van alle dwaasheid! In Christus het julle vry geword - en wil nou weer slawe en knegte van sonde, die oordeel en die dood word! Het julle dan nie gehoor, dat diegene wat daar aan die kruis opgehang word, vervloek is?! -

45. Maar Christus het julle skande, julle smaad, julle sondes, julle oordeel en julle dood op Hom geneem en het Hom vir julle as ‘n vervloekte aan die kruis laat ophang, om vir julle almal die volle vryheid voor God te verskaf; en sodat julle in ere kan wandel, het Hy al julle skandes en smaad saam na die kruis geneem!

46. O, wat het vir julle, wat in Christus lewendig geword, tog mislei, sodat julle julle nou weer aan die dood wil oorgee?!

47. Met wat moet ek julle dan vergelyk, wat julle sal tref, soos ‘n goeie gooi die teiken? - Ja, julle is nes ‘n opgewonde minnares, wat daar in ‘n stad woon, maar wat nogtans die dogter van ‘n goeie huis is!

48. Luister vir my, en skryf dit agter julle ore! Wat help dit die minnares dat sy van goeie afkoms is, maar haar vlees nog steeds meer wellustig is as die vetgemaakte sondebokke?!

49. Sal sy nie in haar kamer, deur vleeslus gedryf, op en af hardloop nie en sal dan by die een venster en dan weer by die ander venster haar liggaam uitsteek en sal haar wellustige oë na alle kante rig, om vir hom, wat het waarvoor haar vlees brand en lus, op te spoor?!

50. En as sy hom sien, dan sal sy vir hom deur die los gloed van haar oë wys, wat sy wil hê, en sal in haar begeerte tienvoudig meer met hom sondig as ‘n hoer in die bed van skande met haar minnaars.

51. O sien, julle Laodicense, dit is julle beeld! - Maar weet julle, wat die redelik werwende bruidegom aan sodanige minnares sal doen, indien hy voor haar huis verby stap en haar skandelike wellustigheid sien?

52. Hy sal haar onmiddelik uit sy hart en uit sy mond verwyder, en sal voortaan nie meer vir haar kyk nie, en al sou sy ook in die grootste nood beland!

53. Dieselfde sal ook die Here met julle doen; want Hy het ‘n nuwe, lewendige tempel in julle harte opgerig, waar julle vir Hom moet wag; maar julle versmaai die tempel, daardie heilige vertrek, en hardloop op grond van wêreldse wellus na die vensters van die oordeel en wil daar wellustigheid met die wêreld pleeg, weens die goud, die aansien en weens die heerssugtigheid en omdat julle dit begeer!

54. Maar ek sê vir julle: Die Here sal Hom onttrek en sal julle in alle hoerery laat oorgaan, na die ou oordeel en na die ou dood, indien julle nie onmiddelik sal omkeer en heeltemal julle selfverkose geestelikheid, julle tempel, julle feesdae en julle borduurde klere laat vaar nie; want dit alles is voor die Here ‘n gruwel nes ‘n wellustige minnares, wat daar in haar hart erger is as tien hoere van Babel. -

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar