Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

31. Want niemand wat Hy tot Sy diens beroep het, was deur God eers blind gemaak nie; maar ek moes eers blind word, sodat ek alles kon verloor, wat van die wêreld is, voordat ek weer een van Sy geringste knegte kon word!

32. Maar waarom moes ek eers blind word? Omdat my hele wese in die materie van die tempeldienste begrawe was, en dit daardeur daarvan verwyder kon word!

33. Maar indien die Here my sonder seremonies, dus in my blindheid, beroep het, hoe sou ek dan daar uit die Nagmaal ooit ‘n seremonie kon maak?!

34. Of is dit dan nie so, soos voortdurend die gees van God vir my leer nie?! - Wie die lig van die oë het, die aanskou die seremonies van die wêreld en verlustig hom daaraan;

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar