Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

38. Maar wat is die nut vir my en julle van my leerstellings, wat die Evangelie van God, indien julle julle vrywillig weer na die ou dood wil begewe?!

39. Maar ek smeek julle ter wille van julle ewige lewe: laat vaar dit, wat die ou gevangenskap van Babel vir al die Jode as ‘n harde erfenis agtergelaat het!

40. Sien: Babel, die groot hoer van die wêreld, is deur die Here vernietig; want sy het baie volkere die dood gegee! Maar wat sal julle wen, indien julle uit Laodicea ‘n nuwe Babel wil oprig?! Daarom laat vaar dit, wat die gruwel van verwoesting opnuut nader sal bring, - waarvan Daniel geprofeteer het, toe hy by die heilige plek gestaan het!

41. Maar Christus het vir julle lewendig gemaak, daar waar julle in jul sondes en in die voorhuid van julle vlees dood was, en het vir julle alle sondes, wat julle nog altyd in die tempel en in julle voorhuid begaan het, vergewe.

42. Hy het die bloedige handskrif wat daar teen ons almal was en wat daar deur wêreldse voorskrifte ontstaan het, verdelg en ons name was met daardie skrif in die boek van die wêreld, in die boek van oordeel en in die boek van die dood geskryf, deurdat Hy dit aan die kruis opgehang het.

43. Maar waarom wil julle nou hierdie deur God Self verdelgte, aan die kruis van die oordeel, van smaad, die vloek, die dood opgehangde bloedskrif weer afhaal en julle name in Christus verruil vir die oue, wat met bloed in die boek van die oordeel geskryf was?

44. O julle blinde dwase van alle dwaasheid! In Christus het julle vry geword - en wil nou weer slawe en knegte van sonde, die oordeel en die dood word! Het julle dan nie gehoor, dat diegene wat daar aan die kruis opgehang word, vervloek is?! -

45. Maar Christus het julle skande, julle smaad, julle sondes, julle oordeel en julle dood op Hom geneem en het Hom vir julle as ‘n vervloekte aan die kruis laat ophang, om vir julle almal die volle vryheid voor God te verskaf; en sodat julle in ere kan wandel, het Hy al julle skandes en smaad saam na die kruis geneem!

46. O, wat het vir julle, wat in Christus lewendig geword, tog mislei, sodat julle julle nou weer aan die dood wil oorgee?!

47. Met wat moet ek julle dan vergelyk, wat julle sal tref, soos ‘n goeie gooi die teiken? - Ja, julle is nes ‘n opgewonde minnares, wat daar in ‘n stad woon, maar wat nogtans die dogter van ‘n goeie huis is!

48. Luister vir my, en skryf dit agter julle ore! Wat help dit die minnares dat sy van goeie afkoms is, maar haar vlees nog steeds meer wellustig is as die vetgemaakte sondebokke?!

49. Sal sy nie in haar kamer, deur vleeslus gedryf, op en af hardloop nie en sal dan by die een venster en dan weer by die ander venster haar liggaam uitsteek en sal haar wellustige oë na alle kante rig, om vir hom, wat het waarvoor haar vlees brand en lus, op te spoor?!

50. En as sy hom sien, dan sal sy vir hom deur die los gloed van haar oë wys, wat sy wil hê, en sal in haar begeerte tienvoudig meer met hom sondig as ‘n hoer in die bed van skande met haar minnaars.

51. O sien, julle Laodicense, dit is julle beeld! - Maar weet julle, wat die redelik werwende bruidegom aan sodanige minnares sal doen, indien hy voor haar huis verby stap en haar skandelike wellustigheid sien?

52. Hy sal haar onmiddelik uit sy hart en uit sy mond verwyder, en sal voortaan nie meer vir haar kyk nie, en al sou sy ook in die grootste nood beland!

53. Dieselfde sal ook die Here met julle doen; want Hy het ‘n nuwe, lewendige tempel in julle harte opgerig, waar julle vir Hom moet wag; maar julle versmaai die tempel, daardie heilige vertrek, en hardloop op grond van wêreldse wellus na die vensters van die oordeel en wil daar wellustigheid met die wêreld pleeg, weens die goud, die aansien en weens die heerssugtigheid en omdat julle dit begeer!

54. Maar ek sê vir julle: Die Here sal Hom onttrek en sal julle in alle hoerery laat oorgaan, na die ou oordeel en na die ou dood, indien julle nie onmiddelik sal omkeer en heeltemal julle selfverkose geestelikheid, julle tempel, julle feesdae en julle borduurde klere laat vaar nie; want dit alles is voor die Here ‘n gruwel nes ‘n wellustige minnares, wat daar in haar hart erger is as tien hoere van Babel. -

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar