Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Brief aan Laodicea

Hoofstuk 2

1. Laat julle dus van niemand meer ‘n gewete maak nie, hetsy deur ‘n onberoepe biskop en priester, nóg deur ‘n feesdag, nóg deur die ou Sabbat en nuwemaan,

2. nóg deur ‘n Tempel, nóg deur ‘n offerseremonie en geborduurde klere en net so min deur spys en drank!

3. Eet en drink matig, - dit is goed vir gees, siel en liggaam en is vir die Here aangenaam;

4. maar indien iemand sê en leer en begeer: “Hierdie en daardie kossoorte mag nie geëet word nie, aangesien dit volgens Moses onrein is!” -

5. dan sê ek daarteen: Moses en die profete is in Christus vervul en bevry; maar vir ons het die Here geen soorte kos verbied nie, waar Hyself met sondaars en tollenaars geëet en gedrink het

6. en uitgeroep het: “Wat jy eet, veronreinig jou nie; maar wat daar uit jou hart kom - as: bose praatjies, suinigheid, jaloesie, doodslag, toorn, vraatsug, swelgery, hoerery, egbreuk en dies meer - , dit is, wat nog altyd die mens veronreinig het!”

7. Aangesien ons sodanige Evangelie van Hom, die allenige Here van alle heerlikheid Self het, hoe groot dwase moet ons daar wees, wanneer ons onsself vrywillig in die ou, harde juk wil laat inspan?!

8. Wat beteken nou nog die skaduwee, wat van Moses af ‘n profetiese voorteken op dit, wat voor ons oë vir ons gebeur het, gehad het, terwyl ons met Christus en in Christus een liggaam geword het?

9. Maar ek smeek en besweer julle selfs: Laat vir julle deur niemand die doelwit voorsit nie, wat daar volgens eiemagtige keuse in alle nederigheid en volle geestelikheid van engele uit die hemel omgaan, maar waarvan hy nog nooit iets gesien en gehoor het nie, - en is derhalwe in sy saak opgeblaas maar net in die vleeslike sin

10. en hou nie by die hoof, waardeur die hele liggaam deur die geledere, litte en voeë sy daadkrag verkry, alles onderhou en opneem en dan tot ‘n goddelike grootheid groei nie,

11. maar hou net by sy sintuie, wat vol vullis en uitskot, vol selfsugtigheid, vol leuens en bedrieglikheid, vol heerssugtigheid, vol suinigheid en vol van afguns is!

12. Presies so staan dit met hom, wat hom by julle wil belangrik maak, asof hy deur die Here en my beroep is en daarna deur julle verkies is!

13. Maar ek sê vir julle almal: Hy het die gees van die duiwel in hom en beweeg onder julle soos ‘n wolf in skaapvel en soos ‘n honger, brullende leeu, wat ywerig bemoei is, om julle te verslind!

14. Daarom dryf hom so vinnig as moontlik van sy plek, en wend julle weer aan Nymphas, wie se huis daar ‘n regte gemeente van Christus is!

15. Want julle almal is dan vir die wêreld en hul voorskrifte met Christus afgestorwe; met watter rede wil julle julle dan nou weer deur voorskrifte van die wêreld laat vang, asof julle nog daarin leef?!

16. Maar die huis van my liewe broer Nymphas het in sy vryheid getrou gebly, soos ek dit vir hom deur Jesus Christus, die Here van ewigheid gegee het.

17. Nymphas het die wolf herken, soos wat ek hom deur die gees van God herken het, wat in my is en my altyd in die verskillende dinge van die enigste regverdige wysheid voor God dryf, trek en onderrig, net soos broer Nymphas.

18. Daarom vermaan ek julle dan ook met die krag en alle geregverdigde ywer in Christus die Here, dat julle tog na Nymphas moet gaan en weer ‘n gemeente met sy huis moet word

19. en moet nie luister na diegene, wat met huigelagtige vrome uitdrukking sê: “Moet nie hieraan raak nie, en moet nie hieraan proe nie, en moet nie daaraan raak nie, en moet nie dit en dat doen nie!”, - wat alles gedurig onder die hande tot niet gaan en as ‘t ware niks as leë mensgemaakte voorskrifte is nie;

20. maar luister, wat ek vir julle uit die gees van Christus, wat in my is, sê, sodat julle weer kan vry word en saam met Jesus Christus waaragtige mede-erfgename aan die ryk van God lewendig in julle, kan word!

21. O broeders, dink, watter nut hulle vir julle kan wees, wie daar die skyn van wysheid het en ‘n selfverkose huigelagtige en geveinste geestelikheid en nederigheid,

22. en wat daar sê: “Wanneer jy vir ‘n vrou kyk, dan het jy alreeds gesondig; wanneer jy onrein kos eet, soos deur Moses verbied, dan is jy vir die hele dag onrein; en wanneer jy aan ‘n heiden raak en met hom meer as drie woorde praat, dan moet jy dit vir die priester van die tempel laat weet, sodat hy jou voor God kan reinig!”, -

23. maar eintlik is hulle vol uitskot en vol suinigheid en hoerery en dryf in die geheim handel met alle heidene en doen alles, sodat hulle geheime vriendskap met hulle tog net nie moet skipbreuk ly nie?!

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar