Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Brief aan Laodicea

26. Sou dit dan nie baie slimmer wees, om in die hart as in die maag te vas nie?! Hoe kan julle dan sulke groot dwase wees en vir julle laat vertel, dat dit vir die Here meer aangenaam is, indien iemand ‘n vis wat in olie gelê het eet, as wat hy die vleis van ‘n warmbloedige dier en sy vet pleks van die olie eet?!

27. Maar ek sê vir julle: Eet altyd matig en doelgerig, wat vir julle lekker proe en gesond vir julle liggaam se gesondheid is, en drink wyn met water, soos wat ek dit doen, wanneer ek dit net kan kry, en moet nie ‘n gewete daarvan maak nie, dan sal julle ook wat dit betref reg doen!

28. Want die Here het geen vreugde aan die vas van die maag nie, maar wel aan die vas van die hart; maar in die hart moet julle dag en nag vas, dan sal julle in die gees en in waarheid vas!

29. Maar as julle volgens die geveinste leerstellings van hom, wat voor julle doen, as of hy net nog met een voet op die aarde staan, maar met alles andere al in die hemel is, wil vas, dus vas ook alle heidene wat daar op hulle feesdae die smaaklikste lekkernye eet en is dan daarna meer wellustig as op die gewone dae, waar hulle hul daaglikse kos eet.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar