Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Brief aan Laodicea

Hoofstuk 3

1. Ek het vir julle gesê: “Vermy die leuens, want dit is die naaste afstammeling van die Satan!”, omdat julle nou - soos ek dit deur Nymphas gehoor het, en gelyker tyd deur die gees van Christus in my ervaar het - grotendeels in mensgemaakte voorskrifte oorgegaan het.

2. Wat is die tempel dan anders as ‘n mensgemaakte wet, ‘n dooie werk van mensehand, dus ‘n ydele droomwerk, wat daar ook aldag sal vergaan, sodra die oog van die slaap wakker word?!

3. Maar aangesien dit, dit is, dan is dit ‘n leuen, waarin julle julleself begewe, om vir julleself te belieg en te bedrieg, aangesien julle dink, dat julle daardeur God ‘n eer bewys; en God Self belieg julle, wanneer julle meen, dat julle hom daardeur ‘n belangrike offerdiens bewys!

4. Julle dwase! Watter diens wil julle dan vir die Almagtige, wat hemel en aarde reeds vroeër gemaak het, voordat julle nog deur Hom geskep was, gee?! Wat het julle dan, wat julle nie vantevore ontvang het nie; maar indien julle dit ontvang het, wat gee julle voor, asof julle dit dan nie ontvang het nie?!

5. Wil julle daarmee dan die Here ‘n aangename diens bewys, wanneer julle in ‘n tempel, deur mensehand gebou, Hom deur seremonies en rookwerke en deur dooie gebede op lang of breë strepe aanbid?!

6. O sien, hoe ver het ‘n apostel van die Satan vir julle mislei! Is Christus tog, waarin die volheid van die Godheid woon, liggaamlik in die tempel tot die dood veroordeel en het vooraf Self van sy volledige ondergang geprofeteer!

7. Hoe moet Hy daaraan nou ‘n welgevalle hê, waarvoor hy al sy dissipels, soos in die gees ook vir my, baie gewaarsku het, deurdat Hy gesê het: “Wees op julle hoede vir die suurdeeg van die fariseërs en hoëpriesters!”?! En julle wil nou die ou ‘huis van oordeel’, wat voor God ‘n gruwel geword het, tot ‘n woonplek van die Here oprig, sodat julle hom daar veelvoudig kan dood maak!

8. Hoe blind is julle tog en hoe baie het julle na die wêreld oorgegaan, dat julle dit nie op die eerste oogopslag kan raak sien nie!

9. Is dit dan nie genoeg, dat Christus eenmaal vir almal gesterf het en ons almal saam met Hom, sodat ons nog in ons vlees saam met Hom vir die ware herkenning van Sy gees, wat in ons is, en tot die herkenning van die Vader, wat ons reeds lief gehad het nog voordat die wêreld bestaan het, opgestaan het?!

10. Hoe dikwels wil julle Christus nog dood maak, Hom, die alleen ewig lewendige, wat ons almal eenmaal van die dood tot die ewige lewe deur Sy heerlike opstanding opgewek het?!

11. Maar ek, Paulus, sê vir julle: Gaan heen en vernietig die tempel, verwyder die aangewese feesdae uit die kalender, onttroon die valse biskop en sy knegte, wat vir hulle nes hulle van Jerusalem deur die arbeid van julle hande wil vetmes, en het vir hulle ‘n groot kas van yster laat maak, waarin julle spaar goud en silwer gebêre moet word,

12. en verbrand die geborduurde klere, wat nou voor God ‘n gruwel is, - dan sal julle daardeur reeds vir die Here ‘n baie meer aangenamer diens bewys, as wat julle julleself vir ‘n duisend jaar lank in sodanige tempel laat dood maak!

13. Maar as julle dan vir God ‘n welgevalle huis in jul midde wil oprig, dan bou ‘n hospitaal vir die wat siek is, wat lam is, wat melaats is, wat kreupel is, wat blind is en wat doofstom is, en ‘n huis vir arme weduwees en weeskinders, en ‘n huis vir vreemde mense wat verongeluk het, sonder uitsondering, wie hulle ook al mag wees!

14. Neem hulle vreugdevol en met medelye op, en deel julle seën met hulle, soos dit ons Here Jesus Christus vir ons tweemaal gedoen het, waar Hy met sy volle seën duisende wat daar honger was versadig het; dan sal julle Hom, die alleen Heilige, ‘n ware welgevalle diens vir julle heiliging doen.

15. Want Hyself het ten gunste daaroor gepraat, toe Hy gesê het: “Wat julle aan die geringste van hierdie armes doen, dit het julle aan My gedoen!”

16. Maar wanneer Hy Hom dikwels duidelik daaroor uitgespreek het, wat vir Hom ‘n aangename diens is, hoe wil julle dan sodanige diens verrig, wat ‘n gruwel, ‘n walgreuk en pestilensie is?!

17. Maar ‘n hart vol liefde is vir God, die Here in Christus, alleen ‘n welgevalle lewendige tempel en is vir Hom meer aangenaam as ‘n wêreld vol van Salomotempels, wat almal dood is, terwyl die hart lewendig is en vir God en alle broeders kan liefhê! Dus bou van nuuts af hierdie tempel in julle geestelik, en offer aldag daarin vir die Here lewendig!

18. Nie die tempel, nie die seremonies, nie die priester en nie die biskop, ook nie Paulus en sy dissipels nie; nie die Jode, nie die Grieke, nóg die Joodse besnyding en die voorhuid, nóg die tempel van Salomo nie; dus ook nie die Oergrieke, die Skithe, die heidene, die vrye, die kneg nie; nóg die Sabbat, nóg die nuwemaan, nóg die jubeljaar beteken iets voor God nie, maar alleen Christus is alles in alles!

19. Dus as die uitverkorenes van God, as Sy heiliges en Sy geliefdes, deur die lewendige geloof, deur die liefde, deur hartlike barmhartigheid oor julle broeders, deur vriendskap, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en alle geduld, moet julle vir Christus aantrek.

20. In al dit verdra die een die ander een, en vergewe julle mekaar van harte, wat daar iemand iets teen ‘n ander een het, en soos julle mekaar vergewe so sal ook ek en die Here vir julle vergewe!

21. Moet nie teenoor mekaar soos die heidene wat daar ‘n eie hof het, klag lê nie, maar wees verdraaglik en duldsaam teenoor mekaar, en besleg julle sake in die hart, dan sal julle voor die Here beter doen, as wat julle alle voorskrifte van Moses, wat moeilik is om te onthou en nog moeiliker is om na te kom, baie noukeurig probeer om na te kom; want aan die voorskrifte van Moses het die Here geen welgevalle nie, maar net alleen aan ‘n rein hart, wat God en die broeder werklik lief het.

22. Dus trek veral die liefde aan; want sy alleen het waarde voor die Here en is die alleen volregtelike band van alle voleindiging en alle volmaaktheid!

23. In die liefde en deur die liefde regeer die ware, volkome vrede van God in jul harte, in en tot welke vrede ook julle almal in een liggaam in Christus die Here beroep is; en wanneer julle Hom dank, dan dank Hom aldag en vir ewig in die gees en in waarheid,

24. maar nie in ‘n dooie tempel, wat daar niks voor God, die Here en Gewer van die lewe beteken nie, wat alleen op die hart en die vrede daarin kyk!

25. Laat die lewendige woord van Christus in alle liefde en ware, volmaakte wysheid daaruit, ryklik onder julle woon! Leer en vermaan en rig mekaar met allerlei hartlike geestelike dinge en sienswyses,

26. met Psalms van liefde en ander lofliedere en geestelike lieflike liedere op; maar sing in die hart en moet nie ‘n leë geblêr met die mond maak nie, dan sal julle vir die Here meer aangenaam wees, as wat daar is die ydel geblêr van die fariseërs, Jode en heidene, wat daar vir hulle lippe baie werk gee ter wille van die goud, maar hulle harte is daarby kouer as ys!

27. Maar alles, wat julle ook altyd doen - al is dit nou met woorde of werke -, doen dit in die naam van ons Here Jesus Christus, en dank vir alles God die Vader deur Hom; want Hy is die bemiddelaar tussen God en ons, - in Sy hart woon die volheid van die Vader!

28. Maar luister ook, julle vrouens van Laodicea; dit is die wil van die Here, ons God van ewigheid, dat julle volkome aan julle mans in Christus die Here onderdanig moet wees; want in die man het julle die hoof van Christus.

29. Maar julle mans moet julle vrouens volgens ‘n regverdige maatstaf liefhê en moet nie teenoor hulle hart wees nie; maar moet dit nie met die liefde vir julle vrouens te ver voer nie, dat julle as gevolg daarvan die Here kan vergeet, - want die liefde tot die Here moet lewendig wees, asof julle geen vrou het nie.

30. En julle kinders moet volkome gehoorsaam aan julle ouers, in alle dinge wat nie teen Christus is nie, wees; want dit is Sy wil en is vir Hom aangenaam.

31. Julle ouers moet nie die gemoedere van julle kinders deur harde woorde en mishandeling bitter maak nie, sodat hulle nie voor julle sku word en dan as lafhartige kruipers en huigelaars uitdraai nie; want ‘n openlike hardekop kan julle deur liefde sag maak, - maar ‘n huigelaar en vleier is onverbeterlik.

32. Dus sê ek ook vir julle knegte en dienaars van julle werkgewers: Wees aan hulle in alle dinge, wat nie teen Christus is nie, gehoorsaam, - maar nie net met oogdienste, om daardeur julle werkgewers te beïndruk nie, maar in die ware eenvoud van die hart en in voortdurende vrees vir God.

33. Maar alles, wat julle vir jul werkgewers doen, dit verrig sodanig, asof julle Christus die Here in alle getrouheid uit julle harte dien - maar nie, asof julle mense dien nie -, dan sal julle ook eendag van Hom die beloning van die heerlikheid ontvang.

34. Maar wie van julle aan sy werkgewer onreg doen, die doen dit ook gelyktydig aan die Here; die Here kyk nie daarna, of iemand werkgewer of kneg is nie, maar alleenlik op die werke en op die oorsprong van die werke.

35. Wie dus onreg doen, aan hom sal ook die Here eendag sy loon gee wat hy verdien het. Julle sal wel die mense kan mislei, maar die Here kan nie mislei word nie; want voor Hom lê aldag julle harte ontbloot.

36. Maar vir julle werkgewers sê ek ook dit, dat julle wel moet besef, dat die knegte en dienaars ook julle broeders in die Here is; daarom betoon aldag aan hulle, wat daar voor God regverdig is! Gee vir hulle op die regte tyd met liefde in Christus ‘n regverdige loon, en besef, dat ons almal een Here in die hemel het, en dit is Christus, die heilige God van ewigheid!

37. Moet nie van die gebed afwyk nie, en bid met danksegging sonder onderbreking, - maar nie met die lippe nie, maar in die gees en in waarheid met alle eenvoud van julle harte en in waaragtige aandagtigheid in liefde tot Christus die Here!

38. Maar bid ook gelyktydig vir my, sodat die Here vir my aldag die deur van die lewendige woord sal oopmaak, en ek aldag voor julle en voor al die broeders in Christus Sy groot geheim en Sy ryk kan verkondig; want ook ek is nog aan al die wêreld gebind en is ‘n baie gewone mens, wat net dan kan profeteer, wanneer vir hom deur die Here die deur van Sy genade oopgemaak word.

39. Eenvoudig en wys moet julle weë voor en teenoor elkeen wees, - ook teenoor die, wat buite is, teen Jode en heidene! Julle moet niemand oordeel nie - al is hy dan ‘n Skithe, heiden, Jood, Griek of Oergriek -, maar rig julleself met wysheid volgens tyd en omstandighede!

40. Julle woorde moet altyd met liefde teen elkeen gespesery wees en vol sout van ware wysheid uit God wees; uit hierdie wysheid moet julle altyd neem, wat julle met enige een praat, sodat hy kan sien, hoe verskillend die goddelike wysheid in vergelyking met die kennis van die wêreldwyses is.

41. Maar ek, Paulus, meen nou, dat ek nie vergeet het, om vir julle te wys, wat daar onder julle is, en soos dit ‘n giftige onkruid is, ja ‘n mees skadelike gifboom, wie se asem alles versmoor; en so het ek dan niks meer teen julle nie!

42. Maar dit, liewe broeders, wees aldag ‘n ware seremonie onder julle, dat julle in die gees en in die waarheid vir God, die Vader in die Seun, daardeur eer betoon, dat julle Hom wat vir ons almal uit liefde aan die kruis gesterf het, aldag bo alles in Sy Seun moet lief hê, om vir ons weer die kindskap, wat ons voorvaders vanaf Adam af verbrou het, te bring.

43. Maar ek smeek julle ter wille van God, dat julle waardige vrugte van ‘n volle omkeer vanaf julle nuwe heidendom na die lewendige kerk van God, wat in julle is, moet bring, maar wat nie in die tempels, gewande en in enige seremonies woon nie.

44. Die liefde van God en die genade van ons Here Jesus Christus wees met julle aldag en ewig!

45. Maar soos dit met my in Rome gaan, sal vir julle die getroue broer Tychikus vertel, wat ek nou na julle toe stuur, so ook na die Kolossense, wat daar nes julle vir hulle deur die Satan laat mislei het.

46. Groete aan alle liewe broeders en aan Nymphas en sy huis se getroue gemeente; want ek gee hom die getuienis, dat hy geregverdig is en aldag soos ek vir God ter wille van julle bid.

47. Groete ook aan die Kolossense, indien julle na hulle toe gaan; want daar is sommige onder hulle, wat julle ken, wat daar aldag geregverdig en getrou in die geloof en die liefde tot God is.

48. Maar wanneer die Kolossense hulle brief gelees het, dan lees ook julle dit, soos wat ek julle ter wille van die Here vra, dat julle hierdie brief dus ook die Kolossense moet laat lees!

49. Want dit is vir hulle net so noodsaaklik soos vir julle! Laastens vermaan ek vir julle hiermee skriftelik - soos alles vir julle ook mondelings deur Tychikus verduidelik sal word-, dat hierdie brief in alle gemeentes gelees moet word, soos die’ aan die Kolossense.

50. Ek groet met my eie hand: Dink in liefde aan my! Die genade van ons Here Jesus Christus wees met julle!

Geskryf vanaf Rome deur Tychikus en sy vriend Onesimus, wat daar altwee na julle en na die Kolossense gestuur is.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar