Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Brief aan Laodicea

35. Wie dus onreg doen, aan hom sal ook die Here eendag sy loon gee wat hy verdien het. Julle sal wel die mense kan mislei, maar die Here kan nie mislei word nie; want voor Hom lê aldag julle harte ontbloot.

36. Maar vir julle werkgewers sê ek ook dit, dat julle wel moet besef, dat die knegte en dienaars ook julle broeders in die Here is; daarom betoon aldag aan hulle, wat daar voor God regverdig is! Gee vir hulle op die regte tyd met liefde in Christus ‘n regverdige loon, en besef, dat ons almal een Here in die hemel het, en dit is Christus, die heilige God van ewigheid!

37. Moet nie van die gebed afwyk nie, en bid met danksegging sonder onderbreking, - maar nie met die lippe nie, maar in die gees en in waarheid met alle eenvoud van julle harte en in waaragtige aandagtigheid in liefde tot Christus die Here!

38. Maar bid ook gelyktydig vir my, sodat die Here vir my aldag die deur van die lewendige woord sal oopmaak, en ek aldag voor julle en voor al die broeders in Christus Sy groot geheim en Sy ryk kan verkondig; want ook ek is nog aan al die wêreld gebind en is ‘n baie gewone mens, wat net dan kan profeteer, wanneer vir hom deur die Here die deur van Sy genade oopgemaak word.

39. Eenvoudig en wys moet julle weë voor en teenoor elkeen wees, - ook teenoor die, wat buite is, teen Jode en heidene! Julle moet niemand oordeel nie - al is hy dan ‘n Skithe, heiden, Jood, Griek of Oergriek -, maar rig julleself met wysheid volgens tyd en omstandighede!

40. Julle woorde moet altyd met liefde teen elkeen gespesery wees en vol sout van ware wysheid uit God wees; uit hierdie wysheid moet julle altyd neem, wat julle met enige een praat, sodat hy kan sien, hoe verskillend die goddelike wysheid in vergelyking met die kennis van die wêreldwyses is.

41. Maar ek, Paulus, meen nou, dat ek nie vergeet het, om vir julle te wys, wat daar onder julle is, en soos dit ‘n giftige onkruid is, ja ‘n mees skadelike gifboom, wie se asem alles versmoor; en so het ek dan niks meer teen julle nie!

42. Maar dit, liewe broeders, wees aldag ‘n ware seremonie onder julle, dat julle in die gees en in die waarheid vir God, die Vader in die Seun, daardeur eer betoon, dat julle Hom wat vir ons almal uit liefde aan die kruis gesterf het, aldag bo alles in Sy Seun moet lief hê, om vir ons weer die kindskap, wat ons voorvaders vanaf Adam af verbrou het, te bring.

43. Maar ek smeek julle ter wille van God, dat julle waardige vrugte van ‘n volle omkeer vanaf julle nuwe heidendom na die lewendige kerk van God, wat in julle is, moet bring, maar wat nie in die tempels, gewande en in enige seremonies woon nie.

44. Die liefde van God en die genade van ons Here Jesus Christus wees met julle aldag en ewig!

45. Maar soos dit met my in Rome gaan, sal vir julle die getroue broer Tychikus vertel, wat ek nou na julle toe stuur, so ook na die Kolossense, wat daar nes julle vir hulle deur die Satan laat mislei het.

46. Groete aan alle liewe broeders en aan Nymphas en sy huis se getroue gemeente; want ek gee hom die getuienis, dat hy geregverdig is en aldag soos ek vir God ter wille van julle bid.

47. Groete ook aan die Kolossense, indien julle na hulle toe gaan; want daar is sommige onder hulle, wat julle ken, wat daar aldag geregverdig en getrou in die geloof en die liefde tot God is.

48. Maar wanneer die Kolossense hulle brief gelees het, dan lees ook julle dit, soos wat ek julle ter wille van die Here vra, dat julle hierdie brief dus ook die Kolossense moet laat lees!

49. Want dit is vir hulle net so noodsaaklik soos vir julle! Laastens vermaan ek vir julle hiermee skriftelik - soos alles vir julle ook mondelings deur Tychikus verduidelik sal word-, dat hierdie brief in alle gemeentes gelees moet word, soos die’ aan die Kolossense.

50. Ek groet met my eie hand: Dink in liefde aan my! Die genade van ons Here Jesus Christus wees met julle!

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar