Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Maan

Wese en bestemming van die Maan

1-5-1841

1. Wat die maan betref, dit is `n vaste hemelliggaam, meer nog as die aarde; hy is in `n sekere opsig `n kind van die aarde, dit wil sê dat hy uit bestanddele van die aarde gevorm is.

2. Hy is aan die aarde toegevoeg, sodat hy haar uitstromende magnetiese krag kan opvang en dit, na gelang die aarde dit nodig het, weer aan haar kan teruggee: Daarom is sy loop om die aarde ook so buitensporig. Want hy rig hom altyd volgens die groter of kleiner hoeveelheid van die aanwesige magnetisme op die aarde; daarteenoor rig die loop van die maan, as draer van hierdie stof, homself ook, volgens die uiteindelike behoefte van die aarde aan hierdie natuurlike lewenstof - Dit is die vernaamste funksie van die maan.

3. As `n planeet kleiner is as die aarde, het hy geen maan nodig nie. Die funksie van die maan word dan oorgeneem deur hele hoë gebergtes, wat byvoorbeeld by Venus, Mercurius, Mars en nog `n paar baie kleiner planete die geval is; maar die groter planete moet een of soms meer mane hê om die genoemde dienste aan hulle planeet te verleen.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar