Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Maan

5. Jy vra jou af waarom dit so is. Die antwoord lui: Omdat geen maan `n beweging om sy eie as mag hê nie - omdat die aantrekkingskrag van die aarde, of trouens elke planeet wat op enige afstand van sy maan staan, nog te kragtig werk. Sou die maan nou `n rotasie om sy eie as gehad het, - al sou dit hoe langsaam wees - dan sou ten eerste, deur `n soortgelyke rotasie, die aantrekkingskrag van die planeet in dieselfde verhouding versterk word as wat die rotasie van die maan in verhouding is tot die rotasie van die aarde, dit wil sê: Wanneer die maan in sy rotasie die rotasie van die aarde in tyd sou benader, sodat hy hom ongeveer in dieselfde tyd om sy as draai as die planeet, dan sou, deur die daardeur toenemende aantrekkingskrag van die planeet, weldra die een deel na die ander van die maan losgemaak word en op die aarde neerstort. Die maan sou baie weinig gediend wees met `n ewe langsame rotasie soos wat die planeet het, vanweë die gelykmatige verdeling van die lug, die water en dus ook van die vuur, en alles sou dan net so wees soos wat dit nou is op die van die planeet afgewende kant van die maan. Want die water, die lug en die vuur moet op `n hemelliggaam, met `n na verhouding aangepaste snelheid, saam deur die hoog oprysende berge rondgedraai word; anders sou die elemente, wat so noodsaaklik is vir die organiese lewe, hulle ophoop op die afgewende kant van die sentrale liggaam, vanweë die middelpuntvliedende krag en sy eie verplasende gewig.

6. As dit egter die geval sou wees, vra jou dan net af wie op so `n hemelliggaam sou kon lewe? So `n wese sou maar net solank gelewe het, as wat hy homself onder die lug- en waterlaag bevind het; as die planeet homself egter hiervan sou wegdraai, dan sou hy noodsaaklikerwys in die lugledige ruimte moes verstik, as hy nie al voor dit in die water sou verdrink het nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar