Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Maan

10. As hulle daar aankom, bewoon hulle eers die diepste en vir julle oë tewens donkerste plekke van die hemelliggaam. As hulle hulleself verbeter, dan word hulle growwer lugliggaam aldeur in `n fyner een verander, waardeur hulle dan ook in `n hoër geleë ketel kom; in die klein ketels kom slegs enkelinge en in die grotere ketels geselskappe van gelykgesindes.

11. Aan die oppervlakte kan mens twee punte ontdek wat besonder lig is en wel die mees helderste in die onderste suidelike streek en die kleinere, ietwat minder helder, op die noordelike deel. Hierdie twee punte is die verlossingspunte en wel die suidelike, waarvan die meeste ligstrale uitgaan, vir diegene vir wie dit nie nodig was om in `n maanmens se liggaam opgelap te word nie - en die noordelike vir diegene, wat op geen ander manier van hulle liefde tot die aarde te genees was as deur `n hoogs kwellende invoeging in `n aller armsaligste liggaam van `n maanmens, van waaruit hulle dan eers weer as gees vir `n tweede keer in die lugbekkens vanaf die aarde sigbare noordelike oppervlakte van die maan gebring word en van daaruit, langsamerhand na die al genoemde noordelike bevrydingspunte omhoog klim.

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar