[GJE 3.81.3] Die maan, komende uit die weste, op `n hoogte bo die aarde van 98000 ure se stap (ou lengtemaat: 1 uur se stap gelyk aan ongeveer 3.5 kilometer), sal as `n massiewe, ondeursigtige liggaam in `n reguit lyn voor die son verby trek en daardeur verhinder dat die sonlig op `n deel van hierdie aarde sal skyn. Die totale verduistering sal ‘n paar oomblikke lank duur, daarna sal die son weer direk bo die rand van die maan te sien wees en dan sal dit gaandeweg weer ligter word op aarde. Tydens die totale verduistering sal julle die mooi winter-sterrebeelde te siene kry wat andersins nooit in die somer te siene is nie. |