8. Meer as een keer beproef hy in die Duitse Nasionale Vergadering*, die mag van sy welsprekendheid en het groot plesier gehad in sy sukses, wat hy vernaamlik aan sy sterk gees te danke gehad het. Daardeur gesteun, haas hy hom na `n groot stad in die ooste van die land** waar die volk inderdaad sy planne ondersteun het. Daar wou hy, by wyse van spreke, so `n dertig sogenaamde vorstelike vlieë met een klap doodslaan, nie-denkende dat Ek ook `n paar woordjies agter hierdie vlieë te vertel gehad het. * (Te Frankfurt a.d.M., 1848.) ** (Wenen.) 9. Ons man het vernaamlik uitgegaan van één idee, wat hy ontleen het aan My woord: Dat `n mens "volmaak" moet wees, soos die Vader in die hemel, en dat daar maar een God is, en dat al die ander broers is, sonder onderskeid van rang of stand. Maar hy het, om mee te begin, nie in Hom geglo, op wie die mense, wat hulle volmaaktheid betref, sou moet lyk nie. Eintlik beskou hy homself as die "heer" deur sy welsprekendheid. Daarby vergeet hy volkome dat vorste ook mense is, wat hulle mag deur My verkry het, en hy vergeet ook die teks uit die Skrif: "Gee aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom!"
|