Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 171 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

2. Na `n rukkie begin Miklosch weer te vertel: “Ag, dit is werklik in `n hoë mate tragies-komies! Uit die vuursee, wat nog steeds huiweringwekkend en met donderende geraas voortjaag en waaruit `n ontelbare hoeveelheid bliksemstrale skiet, verhef daar nou tallose baie opgewekte gestaltes. Van voor lyk hulle baie lieftallig, maar op die rug gesien is dit net halfvergane geraamtes. Die golwe van die gloeiende stroom blyk hulle nie in die minste te steur nie en die geweldige gloeiende hitte blyk hulle `n hoogs aangename gevoel te gee. Die bliksemstrale skiet deur die vrolike gestaltes heen soos water deur `n sif, sonder om hulle ook maar in die minste te hinder. Werklik hoogs merkwaardig! Aha, hulle word steeds talryker en maak `n plegtige reidans. Een van voorste baie elegante groepe kom met sierlike passe na Cado toe, wat hierdie verskyning baie aandagtig bekyk, sonder om egter sigbare genoegdoening daarin te skep. Tog kyk hy stomverbaas en totaal oorbluf na die baie dansgroepe. `n Groep maak nou vlak by die heuwel grasieuse bewegings en dit lyk of dit vir Cado amuseer, want hy het hulle al enkele kere met welgevalle toegelag; die ruê kry hy egter nie te siene nie.

Hoofstuk 171 Mobiele weergawe Kommentaar