Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 151 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Die siel, as uiterlike substansiële vorm van die mens, het eintlik heeltemal geen lig by haarself nie, behalwe die lig wat van buiteaf in haar deurdring, komend van ander wesens, wat reeds lank hulle eie innerlike lig het. Haar insig kom daarom ook slegs in stukkies en bietjies. Want die dele van die sielewêreldbeeld wat in haar presies onder die brandpunt van `n van buiteaf deurdringende straal te staan kom, word deur die siel ook in hulle besonderhede herken en beoordeel, soos wat hulle hulleself aan die siel voordoen. Val die lig egter van die een deel op `n ander deel, dan tree daardeur `n volkome vergeet van die voorafgesiende in. Iets baie anders duik dan soos `n meteoor in die siel op en word deur haar slegs so lank herken en beoordeel, as wat sy haarself in die lig bevind. Wyk die van buite deurdringende lig deur `n wending ook weer van die tweede deel wat verlig was af, dan is dit met die insig van die siel oor die tweede beligte deel ook gedaan. So sou die siel haar dus van ewigheid tot ewigheid van buiteaf kon laat verlig en sou tog nog steeds op dieselfde punt van insig staan waarop sy voorheen gestaan het. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 151, Paragraaf 11

Hoofstuk 151 Mobiele weergawe Kommentaar