Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 152 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Ek sê: “Kyk, dit verklaar aan jou die gevoel van jou eie lewe, waaraan rus en beweging in ewe groot dele saam gegee is. Jy kan uiteraard gaan en staan, sit of lê. Wanneer jy lank rondgeloop het en daardeur ietwat moeg geword het, waar verlang jou lewe dan na?” Antwoord: “Na rus.” “Goed”, sê Ek, “en jy soek dan ook rus en neem rus. Wanneer jy egter heeltemal uitgerus is en lewendige beweging om jou heen sien, soos `n kudde lewendige lammertjies, voëltjies wat van tak tot tak wip, `n snelstromende spruitjie en dergelike meer, sê My net, waar begin jou lewe, wat deur die rus opnuut versterk is, dan weer na te verlang?” Antwoord: “O, na beweging, na baie beweging!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 152, Paragraaf 1

Hoofstuk 152 Mobiele weergawe Kommentaar