Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 153 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

5. Wanneer jy ore het om te hoor, luister dan: Satan is oorspronklik geskape as `n geestesmens. Toe hy egter deur `n wet sy volledige vryheid moes erken en aanvaar, het hy onwillig geword en het deur die veragting van die wet, en ook as gevolg van die veragting van God, geval. Omdat hy egter, netsoos Adam, `n stamvader van die toekomstige mens vir die ewigheid moes geword het, het hy ook, soos `n saadkorrel, eons toekomstige mense in homself gedra en het hulle sodoende van My, sy Skepper, losgeskeur. Die gevolg daarvan was die materiële skepping van alle wêrelde, wat `n noodsaaklike oordeel is. Hy kan self nog wel lank bly wat hy is, maar die tallose kieme van mense word hom langs die weliswaar harde weg deur die materie ontneem. Hierdie kieme kom voort uit sy hele wese; nou eens uit sy hare of uit sy hoof, dan weer uit sy hals, sy tong, sy tande, sy bors, uit sy ingewande, uit sy huid, sy hande en voete. En kyk, na gelang die betreffende mensdom uit die een of die ander deel van die gevalle Satan afkomstig is, moet hulle ook in ooreenstemming daarmee behandel en gelei word om die vlak van ware voleinding te bereik.

6. Wanneer mens dit weet, het mens dan nog rede om My oor iets te verwyt en te vra: “Heer, waarom help U die ongelukkiges nie, maar laat U hulle versmag en ten gronde gaan?” Kyk, Ek laat niemand ten gronde gaan nie, selfs nie Satan en die suiwerste duiwels nie. Ek kan hulle egter nie laat begaan, soos wat hulle dit in hulle selfsugtige blindheid wil nie - dit sou in stryd wees met baie van My ordeninge, waarvan die behoud van alle dinge afhang. Daarenteen moet Ek op alle moontlike maniere volgens My ordening daarvoor sorg, dat hulle almal ten slotte tog die doel bereik wat vir hulle deur My ordening vir ewig gestel is.

7. Of dink jy dalk dat in hierdie grafte suiwer arm burgerlikes, wat in `n sekere sin vanweë hulle armoede gedwing was om te sondig, in die oordeel gevange sit? O, dan vergis jy jou deeglik! Kyk, wat daar benede is, is suiwer vooraanstaandes, suiwer wesens wat goed in die mees uiteenlopende dinge onderrig was, maar omdat hulle alles wat hulle weet en besit het, slegs ten gunste van hulle hoogmoed, hulle harde onversoenlikheid, hulle vleeslike wellus, hulle nyd en gierigheid gebruik het en daardeur hulle siele te sterk vermaterialiseer het, bevind hulle hulleself nou ook in die grafte van juis die oordeel wat hulle vir hulleself berei het!

8. Daar agter die grafmonument sal jy `n opening ontdek. Gaan daarheen, kyk na binne en vertel My wat jy sien. Dan eers sal ons hierdie saak verder met mekaar bespreek.”

Hoofstuk 153 Mobiele weergawe Kommentaar