Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 160 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

10. Die Fransiskaan trek na hierdie woorde `n bedroefde gesig en sê vir homself: “Nee, so streng het ek my Hom nooit voorgestel nie! My God en my Heer, wat sal daar van my word as Hy my die deur wil wys? Ja, Hy het ewig gelyk; ons pousgesindes deug ook vir niks, maar wat gebeur daar met ons as Hy ons gelas om weg te gaan? Maar ek kan ook bly, sê Hy ook. Is ek egter ook in staat om te bly, vry van afguns en ergernis? Helaas nie, maar dit sal en moet anders word! Ja, die Heer het vroeër eens gesê, dat die mens na siel en liggaam uit die gevalle en veroordeelde Satan stam, ooreenkomend met een of ander deel van die vors van die leuen. Ek sal sekerlik uit sy horings stam, omdat my hart niks anders as afstootlike rommel te siene gee nie, en nog ander dele sal wel uit Satan se slegte hart stam, omdat dit uit niks anders as nyd, gierigheid, heerssug, hoogmoed en `n groot aantal soortgelyke duiwelse eienskappe blyk te bestaan nie. O Heer, dryf ook by my die Satan uit!”

11. Ek sê: Nou kan jy wel weer hier by Ludwig en sy vriend bly. Bespreek dit egter intussen met jou ampsgenoot Thomas en sy vriend Dismas; hulle sal wel vir jou die duiwelse oorblyfsels uitdryf.”

Hoofstuk 160 Mobiele weergawe Kommentaar