Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 171 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

3. Nou hardloop `n paar danseresse met roosrooi sleepsels na hom toe op die heuwel en wink hom om hulle op die gloeiende dansvloer te volg, maar Cado verontskuldig hom en sê: “My voete sou dit nie op so `n dansvloer uithou nie, daarom bly ek waar ek is. Bly julle maar waar dit met julle goed skyn te gaan! Ek wil egter niks hê van so `n gloeiende warm vermaak nie.” Maar twee kom nader na hom toe en doen alle moontlike moeite om hom na die gloeiende dansvloer te lok. Cado gebied hulle egter om nie nader te kom nie, omdat hy anders geweld teen hulle sou moet gebruik. Hoe meer hy hulle egter bedreig, hoe meer toon hulle hom hulle bekoorlike voorkante en doen alle moeite om hom heeltemal te betower. Werklik `n vreemde skouspel! Dit is merkwaardig, dat die helse geraamtes na al hulle verlokkende bewegings tog nie van houding verander nie, sodat Cado hulle rugkante te siene sou kon kry nie. Een probeer nou haar sleepsel as `n strik om sy hals te werp.

4. Maar Cado gaan enkele treë ageruit, raap `n klip op, slinger hom na die bors van hierdie geraamte en skreeu met `n egte donderstem: “Agteruit, helse dier! As Satan, jou gebieder, geen beter bekoringsmiddel het om `n arme duiwel nog dieper die hel in te trek nie, dan moet hy eerder tuis bly! Dink hierdie onbenulligheid, wat die Godheid weerstaan, dalk dat voëls van my geveerte soos `n dom en onnosele voël op sy ou, dom voëlentstokkie sal vlieg om hom so te laat vang? Dan vergis hy hom! `n Adelaar vlieg nooit na `n voëlentstokkie nie. Sê dit maar vir julle esel van `n gebieder.

Hoofstuk 171 Mobiele weergawe Kommentaar