Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 190 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Dit is werklik jammer vir U mooi aarde, dat sy nie in staat is om haar telkens opnuut toegebringde wonde te genees nie, as U haar die steeds eenderse kwelgeeste nie van die lyf af hou nie. Wat U, Heer en Vader, egter sal doen, doen dit spoedig, want anders word die mens verteer deur te groot angs vir die te verwagte dinge wat die aarde nog sal oorkom! Ons hier het natuurlik maklik te wag, omdat vanweë ons groot saligheid by U, heilige Vader, is ook vir ons `n duisend aardjare gelyk aan `n vlugtige lentedag, maar vir die nog in sterflike omhulling lewende broeders op aarde word bang minute tot jare, en jare tot ewighede. Daarom, o Vader, open U ryk bron van liefde en genade, beproef die armes op aarde genadiglik en verkort hierdie slegte tyd! U heiligste wil geskied altyd!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 190, Paragraaf 3

Hoofstuk 190 Mobiele weergawe Kommentaar