Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 191 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Helena sê: “Ek is van mening dat ons dit mooi agterweë moet laat! As die Heer hom nie vir ons wil oopmaak nie, moet hy gesluit bly in alle ewigheid, amen!” Robert sê: “Jy het bepaald geen ongelyk nie, my liefste Helena, maar weet jy, as mens dit al sover gebring het, dat mens voor die hemelpoort staan, sou mens tog ook moeite moet doen om daardeur te kom! Vra is seker geen skande nie, soek nog minder, en wat die aanklop betref, wil ek dadelik op beide die deurvleuels `n lawaai maak wat daar nie om lieg nie! Wel, dit is vir my ook iets: Eers maak ek as engel met Sahariël al die verste hemelreise - nou is ek weer in julle geselskap en heeltemal ten einde raad! Slegs die pragtige Minerva ontbreek nog maar! Dit sou werklik `n mooi grap wees: om haar hier te kere hoor gaan oor die gesluite poort!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 191, Paragraaf 16

Hoofstuk 191 Mobiele weergawe Kommentaar