Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 193 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Indiese wysheid oor Satan. Aansporing tot geduld. `n Klein plekkie word makliker skoongevee as die hele skepping

1. Cado gaan verder: “Kyk, ek het eens in `n boek oor Oud-Indiese wysheid `n baie gedenkwaardige paragraaf gevind, wat ongeveer so gelui het:

2. “In die oerewige wese was slegs God alleen. En die oneindigheid en ewigheid was Hyself in die helderste aanskouing van Homself. Aan Sy gedagtes en idees het geen einde gekom nie. Maar soos wat daar op `n bedompige aand tallose swerms eendagsvlieë van allerlei soort in ongebonde vryheid en sonder waarneembare orde deurmekaar vlieg, so het ook die gedagtes en idees in die Godheid af en aan gegaan, en heen en weer, maar nog het geen enkele wese hom in die eindelose ruimtes bevind nie. Slegs Sy groot gedagtes sien die eindelose Godheid in Homself in ongedwonge vryheid groot bewegings maak. Toe skei die Godheid die idee van die gedagtes en dit was `n eerste ordening in die Godheid Self. Die groot idee het Hy geleidelik aan vasgelê, slegs die gedagtes het Hy die vrye loop laat neem.

Hoofstuk 193 Mobiele weergawe Kommentaar