Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 193 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

“En kyk, broeder Robert, hier voor ons staan hierdie eerste, groot, onsuiwer gees, aan wie se loutering nog steeds gewerk word. Daarom moet ons nie dadelik twyfel as so-iets meer tyd verg as menige ander dinge nie. Hierdie gees is wel die onsuiwerste wat jy jou maar kan voorstel, maar te gelegener tyd sal sy in staat wees tot `n volledige suiwering. Ons mag daarom nie ongeduldig word, omdat ons makliker gelouter kan word as hierdie gees nie, want `n klein plekkie kan tog vooraf en makliker gevee word, as die bodem van `n hele wêreld. Hierdie gees is op haarself beskou die totale uitdrukking van die hele skepping, terwyl die hele aarde met al haar wesens nouliks as `n atoom van Sy eintlike wese gesien moet word. Dat `n nietige gesie eerder gesuiwer kan word as hierdie allergrootste, geskape oergees, die alomvattende begrip van al die geskapenes, sal jy netso goed kan insien as ek, maar omdat daar vir die loutering van so-iets groots meer vereis word, moet mens oor hierdie goddelike aangeleentheid ook baie goed nadink en jouself met alle geduld voeg volgens God se verordeninge. Beste vriend, hou `n bietjie rekening hiermee en jy sal jouself dan makliker na my handelswyse kan voeg. En nou na Minerva!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 193, Paragraaf 5

Hoofstuk 193 Mobiele weergawe Kommentaar