Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 194 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Nou wend Cado hom tot Minerva en sê: “Hoe lank nog, Satana, sal jy ons geduld misbruik? Wil jy self heeltemal niks anders doen as wat sleg en boos is nie? Kyk, as die Godheid so `n groot diamant sou geskape het, dat `n bliksemflits `n miljoen aardjare nodig sou hê om van die een pool na die ander te vlieg - en daarby ook `n baie klein kolibrievoëltjie sou geskape het wat tot taak het om elke duisend jaar `n slag na hierdie diamantbal toe te vlieg en daar slegs `n keer met sy snawel teenaan te pik - dan sou die voëltjie die bal lankal vernietig het. Aan jou was al duisende van sulke tydsruimtes bestee en jy is nog steeds heeltemal dieselfde as wat jy was by die begin van alle tye! Geen gees kan begryp wat `n geduld die Godheid jou steeds bewys het en welke weë daar ingeslaan was om jou te louter nie, maar dit is werklik afskuwelik om te bedink dat dit alles tot nou toe tevergeefs was! Ek meen dat dit nou tyd geword het om jou hele wese in orde te bring, wat God al ewighede gelede vir jou uitgestippel het!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 194, Paragraaf 1

Hoofstuk 194 Mobiele weergawe Kommentaar